Zondo se ‘desperaatheid ongekend’ – Zuma-stigting

Oudpres. Jacob Zuma (Foto: ANA)

Die “desperaatheid van adjunkhoofregter [Raymond] Zondo wat sy posisie misbruik as tweede in bevel van die Konstitusionele Hof en sy bevele aan ondergeskiktes om die land se wetgewing te buig, is ongekend” het die Jacob Zuma-stigting Maandagoggend weer uitgevaar.

Die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping het die Konstitusionele Hof vroeër genader vir ʼn dringende bevel dat oudpres. Jacob Zuma die hof minag en gevra dat hy twee jaar tronkstraf opgelê moet word omdat hy ʼn dagvaarding om voor die kommissie te gaan getuig, verontagsaam het.

Zuma moes verlede maand ingevolge die bevel voor die kommissie verskyn, maar het nooit opgedaag nie en het toe boonop teenoor die regbank uitgevaar.

Die stigting sê nou wetgewing maak voorsiening vir tronkstraf van ses maande, of 55 pond [die wetgewing dateer uit 1947] en verwys nie na die twee jaar waarvoor die kommissie vra nie.

“Die meester het opdrag gegee … dit is duidelik dat wetgewing gewysig word wanneer dit kom by pres. Zuma – nes die apartheidsregering Sobukwe-wetgewing geskep het om [Robert] Sobukwe te hanteer,” lui die verklaring.

“Dit klink inderdaad nes ʼn ou apartheidsregering in die hande van swart leiers in die demokratiese Suid-Afrika,” lui die stigting se verklaring voorts.

Zuma het vroeër ook na Sobukwe, ʼn destydse leier van die PAC, verwys en toe gesê Sobukwe is spesifiek geteiken vir sy “ideologiese standpunt oor bevryding”.

Die stigting sê die kommissie vra in sy verklaring vir ʼn bevel wat die oudpresident se regspan “openlik aangebied” het en wat verwerp is.

“Ons vind die oneerlikheid kommerwekkend op hierdie vlak en nie gepas vir ʼn regsproses van hierdie omvang nie.”

Zuma speel nou al jare lank kat en muis met die Zondo-kommissie wat op die been gebring is om die plundering van die staat se koffers tydens sy nege jaar lange termyn as president te ondersoek. ʼn Strydlustige Zuma het vroeër gesê hy is nie bang om in hegtenis geneem, vervolg of tronkstraf opgelê te word nie.

Zuma het Zondo reeds daarvan beskuldig dat hy bevooroordeeld teenoor hom is en politieke propaganda teen hom versprei.

Pres. Cyril Ramaphosa het later gesê die aanvalle op die regbank is kommerwekkend en kan vertroue in die regbank en grondwetlike bestel wegkalwe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

boerie ·

2Jaar is hopeloos te min vir die skade wat hy aangerig het, ten minste lewenslank vir stortkop.

Kokerboom ·

Ek aanvaar die 2 jaar is slegs vir verontagsaming van Zondo kommissie se opdrag

Jerry ·

Suid Afrika sal verder en verder daal na n wettelose anargie

Magda ·

Net skuldige mense skop so teen n ondersoek vas , maar ons almal weet zumpie het alles van n ou briefie af gelees en kan die groot getalle eers lees nie, so wie gaan hom nou help met antwoorde by die zondo kommissie

Johan D ·

Zuma, jou weiering om voor die kommissie te verskyn en jou systappe om uit die hof te bly is ongekend!

Dup ·

As skelms wegkom met hulle onwettige dade dan word almal naderhand skelms….

JohanR ·

Die dag dat die ou by die deure van ‘n gavangenis ingaan, moet daar ‘n publieke vakansie dag verklaar word. Miskien Stortkop Dag?

Moedeloos ·

Pay back the money dan kan jy lewenslank in Nkantla bly.

Lee ·

Ag ou Zuma. Jy en jou sg. stigting raak nou afgesaag. Gaan stel jou saak voor die kommissie en “bewys jou onskuld” of is jy bang? Lyk so. Hahaha

Kokerboom ·

2 Jaar vir een oortreding. Daar lê nog 800 plus aanklagtes voor PLUS hoogverraad teen land. Nee kyk die javel gaan in die hiernamaals OOK sit. Klink vir my na ‘n plan

Jakkie ·

Zuma speel nou al vir jare, kat en muis en nog steeds kan die kat nie die muis vang nie. Wat ‘n grap !

Adeline ·

Kom sommer vir vingerpunt kommentaar – Zumta het gesê hy is “sy mense se jesus” so wonner of hy weet wat met die ware Jesus gebeur en wat Sy eie mense aan hom gedoen het? Hulle het Hom gekruisig vir die waarheid. Jou dag is hier.
So Stortkoppie jou tyd is jou tyd.. jy het gesê jy sal eerder tronk toe gaan – jy is nie bang nie – so as jy nou ‘n stert gehad het was dit lankal tussen jou bene – hoekom laat jy nou vir ander toe om namens jou te praat – vat jou eie woorde en gaan of tronk toe of laat jou eie mense jou maar kruisig vir al jou misdade gepleeg teen die publiek en republiek van die RZA. Ons wag angstig dat jy jou eie woorde sal nakom. Anders praat jy ook met ‘n gesplete tong…. sê een ding en ja doen ‘n ander ding of hoe?

Pierre ·

en wat van die dat die land se ou nommer 1 soveel aanklagtes van korrupsie in die gesig staar en nog altyd vir tyd om sy kant te stel gesoebat het, die man behoort hom te skaam maar daarvoor benodig jy n gewete.

Dries ·

Hoe langer hierdie kommisie aanhou hoe minder sal Zuma weier om te getuig. Die Feit is dat daar is onmoontlike vrae vir hom om te antwoord sonder dat hy homself impliseer. Vir hom om hier uit te kom kos baie breinkrag wat die arme man net nie het nie. Almal weet hy is skuldig aan bitter baie aanklagte. Sluit hom toe en kry net klaar

Jr ·

Jacob Zuma stigting. WIE IS HULLE NOU EINTLIK. OOH JA ANDERS BEKEND AS JACOB AND THE FOURTY TWENTY NINETY AND THIRTY THOUSANDY AND ONETY MILLION THIEVES

Mariana ·

Ag nee ek wens die Zuma sage wil nou tot einde kom. Dis een lang uitgerekte besigheid en ek dink ons almal weet teen die tyd dat hy gaan wegkom met als wat hy gedoen het, nes Malema en Ace en ander ook . The untouchables……..

Rentia ·

JZ is ‘n baie gevaarlike man. Hy was vir hopeloos te lank die hoof van intelligensie. Hy weet wat, en wie se vuil wasgoed is daar. Hy weet alles van net mooi almal in die ANC. Dit is hoekom CR so vra, “gee hom tyd en spasie”, CR weet hy is self ook skuldig. As JZ se kop rol, gaan hy nie die enigste een wees nie, en die ANC weet dit, daarom die teenkanting, en “ag siestog shyme los hom maar”. Kom ons wagnou en kyk hoe lank gaan dit die regters neem om ‘n besluit te neem oor die een….
Alles is ‘n ingevlegte deurmekaar gemors, een domino vat die hele lot saam, huidige president ingesluit.

Samuel ·

Zuma sal in alle waarskynlikheid niks oorkom nie, want selfs die agbare Staatspresident beskerm hom en die regte uitvoerende Staatshoof, ACE Magashule.

Jakes ·

Hoe redeneer die stigting dan nou? Zuma is mos nes Ace heeltemal onskuldig en nie een van hulle het iets verkeerd gedoen nie. En my naam is Lady Gaga Trump. Albei moet elk 500 jaar tronkstraf kry. Ten minste kan hulle dalk meer gelettered raak in oranje pakke.

Plaaskind ·

Wonder wat ruik hy as hy sy gesig so trek asof iets stink. LOL

Kaspaas ·

Wat ons uit verloor is dat dit ‘n kommisie van ondersoek is. As Zuma nie wil deelneem nie hoef hy nie. Hoekom homself inkrimineer? Sou jy geagte leser aan ‘n kommisie van ondersoek deelgeneem het indien jy jouself kon inkrimineer?

Neem Zuma na ‘n behoorlike hof toe en kla hom krimineel aan. Los die kommisies dit is ‘n mors van tyd, geld en hulpbronne.

Ons weet ook hoe bevooroordeeld die howe is. Zonde begin al hoe meer so lyk.

Petrus Johannes ·

As Zuma dan so onskuldig is hoekom bang om te te getuig

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.