Zuma, ANC reageer op Hanekom se ‘sameswering’

Derek Hanekom. Foto: Flickr/GovernmentZA

Oudpres. Jacob Zuma het vroeër Donderdagoggend in ʼn twiet gesê hy is glad nie verbaas oor Julius Malema, leier van die EFF, se onthullings rakende Derek Hanekom, voormalige minister van toerisme, nie.

Zuma het selfs sover gegaan as om aan te voer dat Hanekom ʼn “agent van die vyand” is en deel is van ʼn komplot teen hom, ʼn kwessie wat Zuma aan die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping uitgewys het.

Hanekom, tans ʼn lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, is vroeër die week deur Malema daarvan beskuldig dat hy saam met die EFF beplan het om Zuma uit die kussings te lig. Malema het sover gegaan om Hanekom as sy eie “mol” binne die ANC te beskryf.

Die leier van die rooi barette het volledig uiteengesit hoe die voormalige minister steun van sy party probeer werf het om ʼn suksesvolle mosie van wantroue teen die oudpresident in te stel. Hy het aan ondersteuners gesê Solly Mapaila, die leier van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party, het ook hiermee gehelp.

Hanekom het Woensdag aan Eyewitness News erken dat hy wel met Godrich Gardee, sekretaris-generaal van die EFF, oor ʼn mosie teen die president vergader het. Hy het egter gesê die EFF het aan hom syfers verskaf oor hoeveel ANC-lede moontlik vir so ʼn mosie sou stem. Hy het die bewerings ontken dat hy ʼn nuwe politieke party wou begin as dr. Nkosazana Dlamini-Zuma die Desember 2017-leierskapstryd op die party se konferensie in Johannesburg sou wen.

Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, het intussen in ʼn sterk bewoorde mediaverklaring die party se totale misnoeë in Hanekom se erkenning uitgespreek.

Magashule het die voormalige minister berispe en gesê dit lyk of hy “ʼn ongekende behendigheid het om die party te verdeel”.

“Die ANC is ontsteld oor Hanekom se erkenning dat hy verskeie vergaderings met die EFF gehad het. Hanekom en ander het die ANC onder druk geplaas om toe te gee tot die EFF se eise vir ʼn geheime stemming in ʼn mosie van wantroue in Zuma. Die EFF het ʼn aantal geheime agente in ons party wat daar is om te verseker dat verdeeldheid geskep word,” het Magashule gesê.

’n Skermskoot van oudpres. Jacob Zuma se twiet.

“In ons midde is Hanekom; hy het ʼn wig in die party gedryf. Hierdie kwaksalwer het sy merk gelaat met sy eienaarskap van die Ahmed Kathrada-stigting en was duidelik op ʼn missie om die ANC te verdeel.

“Ons boodskap aan hom en die ander agente in die party is dat insidente soos hierdie die ANC net meer vasbeslote sal maak om ons party te verenig.”

Die MK-veteranevereniging (MKMVA), wat nog altyd ʼn ondersteuner van Zuma was, het vinnig op die onthullings gereageer. Die assosiasie se woordvoerder, Carl Niehaus, het gesê die situasie is verregaande en die grondwet van die ANC laat nie hierdie soort aksie toe nie.

“As die bewering waar is, moet die party onmiddellik optree. Hanekom moet ingevolge die ANC se grondwet geskors word.”

Mavuso Msimang, ʼn ANC-veteraan, het terselfdertyd tot Hanekom se verdediging gekom. Msimang het gesê hy was bloot ʼn dapper politikus wat standpunt teen staatskaping ingeneem het.

Hy het bygevoeg dat hy niks daarmee verkeerd sien dat Hanekom die steun van ander partye gewerf het om Zuma uit sy amp te help onthef nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

DeVill ·

Ek like dit kwaai!
Hoe meer hulle onder mekaar baklei hoe vinniger gaan die ANC sy dinges sien.

Ek wens ou Julius wil nog meer geheime verklap…

Jimmy ·

Laat die spulletjie maar goed skeur. Gebruik sommer fopnuus om die vure aan te blaas.

Johan ·

Ek het nou net tot die gevolgtrekking gekom dat niemand my irriteer soos Charl Niehaus Nie.!

Gaitsigubib ·

Maak 2 van ons Johan, van die hele spul joiners is hy die treurigste van almal. Wat ‘n papbroek van ‘n kerel?

KrokodilBotha ·

Die pot kook oor en die pap brand so effens. Hoe meer kole hoe beter. Ha ha

wraggies ·

Hy het teen Zuma opgetree, nou kap Ace (wat ‘n ondersteuner was van staatskaping is) hom, hou maar aan om onmin te saai onder julle caders, ek hou daarvan.

John ·

… die grondwet laat ook nie die aksies van sekere ANC-lede toe nie. Mens wil beweer dat Zuma 100e redes sal aanvoer waarom hy nie weer voor die Zondo-kommissie sal kan getuig nie want hy het net opgedaag om vir ‘n anderhalf uur sy storie aan die wèreld op te dis wat staatskaping en sy skuldlas sou weerspreek.
Hierdie is Addendum no 1: Bewys no 1(a): Die wit spioen.

Winx ·

“Save a thief from the gallows and he will cut your throat.” ~ French Proverb

Magda ·

Lekker man lekker – en so vernietig hulle – hulle self.

Arak ·

Ek vermoed ook Ace se vreeslike verontwaardiging is om sy eie gemors met die Vrede Suiwelprojek by die Zondo kommissie so bietjie te probeer verbloem. Hy moet nou vreeslik lawaai maak oor die storie om die media se aandag so bietjie van hom af te hou…

ne ·

Slang in die gras! JM kan maar nog uitpraat, dan kry hy darem bietjie aandag.

Ray ·

Jan van Riebeeck het hom gewerf as agent om saam die EFF te werk toe hy oorsee weggekruip het (en kader opleidng ontvang het) om Diensplig te vermy. Die Politieke speelveld is kompleks

Liekie ·

En so dans die poppe …lekker man !!
KWAKSALWER…he-he…

Ek like…. OOK

JohanL ·

Wat Zuma twiet, praat, gorrel of skree is irrelevant want die kans is groot dat dit of snert is of leuens is. Sy bokspronge voor die Zondo kommissie het dit opnuut bewys.

Dink maar ook aan die nuwe storie dat hy bewyse het dat hy telkemale om die lewe probeer bring is op die presidensiele straler. Maar gerieflikheidshalwe sal hy eers later die bewyse gee. Het hy tyd nodig om dit te fabriseer?

James ·

Jip – so gaan hulle mekaar verraai en opeet!
Hanekom pas mooi in by hulle.
Voels van eenderse vere!!!

marous ·

Agents zero en minus zero soek seker naarstigtelik na hul paspoorte ….bwahahahaha!

Gert van Wierdapark ·

My eerste poging waarin ek gese het Derek Hanekom het “common sense” gebruik in sy aanvanklike poging om oud pres JZ met n stemming uit te lig in die Parlement in n mosie van wantroue, het nie geslaag nie want hul het die man beskerm. Sy kreatiwiteit om iets aan die saak te gedoen het, verdien ‘n Bell’ s!!! Finish en Klaar!

Lou ·

Is Carl Niehaus regtig al so oud of voel hy maar net so afgeskeep deur die AenC dat hy nou by die MK Veterane is? Siestog man.

Anoniem ·

Ja, Carl. Die SA Grondwet laat ook nie sekere aksies toe nie!

Dries du Toit ·

Hanekom en Niehaus is voels van enerse vere. Nog nooit iets vir hul eie mense beteken nie. Nou gaan hulle mekaar uitroei hand aan hand met dieselfde mense saam wie hulle teen ons vir jare lank veg

ChrisE ·

Die gesegde lui mos ‘n vis vrot van sy kop af. Dit is presies wat met die ANC bende gebeur. Daar is ‘n groot verkil tussen ‘n “regering” te wees en ‘n opruiende geweldadige speelgroep. Carl Niehaus (Karel die Grote) is ‘n wese op sy eie missie. Is hy nie die hoof korporaal majoor in die gewapende vleuel nie ? As ek reg onthou was die meneer ‘n “consientious objector” wat tot die rang van die segsman van die MK bevorder is. Slaat my nou met ‘n pap snoek. Wonder by watter veldslag het hy medaljes verwerf. Dit was seker by die beleg van KFC of Wimpy waar daar bomme ontlplof het. Patete.

adk ·

Malema is nou in n hoek en desperaat en soos almal weet baie slinks en n uiterste BOELIE, wat die media gebruik om homself te bevoordeel.
Enige persoon wat die man en sy party vertrou kan ook die duiwel vertrou. Rupert het natuurlik deur hulle gesien en dis ook hoekom die vyhandigheid. Rupert het egter toegegee om n onderhoud te doen waarvan hy nie te goed afgekom het nie. Dis duidelik dat hy aandag van sy party se dubbel standaarde wil verbloem. Sy goue kraantjie is vinnig besig om droog te loop. Hy is bedrieglik en intimiderend en dis gevaarlik. Wanneer word hy in sy spore gestop ….gaan dit ooit gebeur?

Al ·

Wat is JM se agenda deur dit nou te openbaar?
Gekoopte lojaliteit teenoor die staatskapers of wil hy ANC ineenstort?

Christa ·

Nog nooit van Hanekom gehou nie, Kon gedink het Hy sou heul met Everything For Free trawante. Zuma self is n Groot lafaard wat so glad Soos n paling is.

James ·

Ja en nou spoeg hulle Hanekom uit – hy is klaar gekou.
Wonder wanneer is dit roelfie se beurt om uitgespoeg te word!
Kan nie wag nie! de klerk is reeds half uitgespoeg – hier en daar kou iemand nog.
Jip wat jy saai sal jy maai.
Carl Niehause is ook nog een wat uitgespoeg gaan word – hulle moet hom ook bietjie ondersoek en kyk wat alles daar uitpeul.

lewies ·

Die ANC het jou al die jare misbruik. Jy sal hulle leer ken . Jy glo mense wat jy moet vermy. Dis dom.

Gaitsigubib ·

Lewies, Hanekom, die verdediger van die “kill the boer” lied, is self die tipe wat jy moet vermy (verpes). As jy in die ANC is, is jy daar vir eie belang, so ek verseker jou dat dit ‘n oor en weer misbruikery is waar almal baie tuis hoort, al veg hulle onder mekaar. Ek dink Hanekom sal steeds getou ANC stem al jaag hulle hom weg tot aan die einde van die wereld, maar wie weet dalk verbaas hy my en sluit aan by die EFF?

Oom Kalahari ·

Johan, stem saam met daai een. Hy is een wat deur ‘n teleskoop beloer moet word, maar so kom die veraaiers een vir een tot ‘n val.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.