Zuma kyk na besware oor Onteieningswet

Pres. Jacob Zuma. Foto: Ntswe Mokoena, departement van kommunikasie

Pres. Jacob Zuma. Foto: Ntswe Mokoena, departement van kommunikasie

Pres. Jacob Zuma het Woensdag gesê hy het amptelike besware ontvang teen die bekragtiging van die omstrede Wetsontwerp op Onteiening.

“Die presidensie het die Onteieningswetsontwerp van 2015 van die Nasionale Vergadering ontvang vir bekragtiging en ondertekening. Die presidensie het ook besware teen die wetsontwerp ontvang,” het Zuma se kantoor in ʼn verklaring gesê. “Alle sake word nog verwerk.”

Die DA het vroeër gesê die party is deur sy regsverteenwoordigers meegedeel dat die wetsontwerp strydig is met artikels 25 en 26 van die Grondwet, wat onderskeidelik verband hou met die reg op eiendom en die reg om nie sonder ʼn hofbevel uitgesit te word nie.

Die DA het geëis dat Zuma die wetsontwerp terugverwys na die parlement sodat dit gewysig kan word in ooreenstemming met die Grondwet.

Die wetsontwerp, wat al sedert 2008 in die pyplyn is, poog om rasse-ongelykhede in grondeienaarskap te takel. Dit sal die staat toelaat om grond aan te skaf “in openbare belang” teen pryse wat deur ʼn regeringsberegter bepaal is en die gewillige koper/gewillige verkoper-beleid vir grondhervorming sal tot ʼn einde kom.

Lees alle vorige berigte oor die Onteieningswetsontwerp op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Suzie ·

nee, hy kyk net en sien net nog ‘n baksteen in die muur (another brick in the wall)

Emile ·

“He was elected to lead, not to read” (uit The Simpsons Movie)

Etienne ·

Ek, hoop nie daar is groot syfers in nie.Bokwagters kan dit nie uitsprek nie.

Paul ·

Ek sal nie verbaas wees as dit die lont in die kruitvat is nie.

Rynhardt ·

My genade! Die prez lees die besware oor die onteieningswet onderste bo!!

LH ·

En hy giggel daaroor soos n hyena, dink enige iemand werklik dit pla hom enigsins, gladnie, hy is dan deel van die proses. Hy lees dit soos cartoons, uiters snaaks.

Lance ·

Ek is amper oortuig hy gaan n besluit neem wat weer heeltemal teen normaale denke gaan soos al so baie gebeur het …eintlik wens mens hy wil niks meet se of doen nie want as sy mond oopgaan val doe Rand of die buiteland lag vir SA en ons is weer in n verleentheid …regtig skaam vir die man ek moet se

Wet sal dit word! ·

Ja die skrif is aan die muur!!! Weet dit hy sal dit onderteken en dit sal n wet word. Hy vekondig dit mos aan die massas en hul maak mos soos hul wil…
Waars die libs nou begin jul al jul tassies pak vir Engeland? Stelselmatig word die land afgbreek en word die blanke in n hoek gedruk.. Hul is nogal taktvol jy moet herken,hul het Zimbabwe grond gryp dop gehou en dit wil voorkom of hul iets uit die sanksies wat daar toegepas word gedeelte geleer het,en hoe dit jou fondamente van n land se ekonomie kan skud. Hul doen dieselfde nou hier maar net op n slingse agterom manier om nie te veel rippels te maak nie.. Ongelukkig nes Zim sal Suid Afrika nie beter daarin toe wees nie maar die fat cats sal net vetter word en die armes sal nog meer verarm…

christine ·

Dis presies wat die berig se Zuma KYK na die wet, lees en verstaan wat hy lees aikona. Ek het al baie gewonder hoe lyk sy akte tas se inhoud elke dag. Maak elke dag seker. Hy het DIE pen, DIE lepel en n bak vol kos. Nou es hy reg om te gaan kyk.

Jeannie du Plessis ·

Ek dink nie daars enige ander land, waar soveel van die inwoners van die land geen respek meer het vir hul president. Kyk hoe voel die mense oor enige van die besluite wat deur ons top leiers in die regering geneem word. Daar is net geen vertroue meer in ons land se regering, en dit is n groot jammerte. Hierdie is n wonderlike land met die mees fantastiese mense wat saam wil werk want ons is lief vir die land en gee om vir mekaar.

NEL ·

Ja en so sal hy en sy kaders die grond vat en ons help tot wie weet waar. Kan nie verstaan dat buurlande soos Botswana en Namibia hoor jy nooit van sulke korupsie en grond vergrype nie, ook nie van skole wat afgebrand word nie. Hemel behoed ons , Zuma en Kie gaan die land tot niet maak.

Griet ·

Dink net as iemand ‘n eis instel vir sy geliefde Nkhandla en hom daarvan onteien!! Groete

Willie ·

Wonder hoe gaan die prez afbakening bepaal, 718 Bilion, and 3000, en 60 000, and 2 kilometers..

Theuns ·

Dink net as die volgende hoof opskrifte in die koerante verskyn hoe sal die Rand versterk:
ZUMA KEUR ONTEININGS WET AF!
ZUMA SKEI VIER VAN SY VROUE!
ZUMA GEE NKANDLA TERUG VIR DIE TESOURIE!
ZUMA STEL GESKOOLDE POLISIEMANNE AAN!
ZUMA GAAN BY LAERSKOOL INSKRYF. HOOP OM IN 5 JAAR GRAAD SEWE TE BEHAAL!
ZUMA KONDIG DOODSTRAF VIR PLAAS AANVALLERS EN VERKRAGTERS
ZUMA HET BEDANK. PRAVIN GORDAN NOU PRESIDENT!

Hendrik ·

Theuns… Theuns… Pravin Gordan is lid van die ANC. Jy kan niks doen aan die ANC. Die meerderheid massa hou hulle in bewind en sal ook in die toekoms (Terugblik na ZANU=PF in Zimbabwe). Hulle regeer all 22 jaar en sal doen wat hulle wil want die massas stem vir hulle. Dink weg van hulle. Wat gaan ons doen?

Ahooy ·

As die wet goedgekeur word , wonder ek in watter rigting die rand gaan beweeg.
Hulle glo seker buitelandse beleggings gaan instroom en kredietgraderings gaan styg???.
En kospryse gaan daal?? HA!!!
Sit net die –Etol pryse op — dit sal die maklikste wees.

Johann ·

Kyk kan hy…ma oan hy LEES en logika en intelegensie en verandwoordbare ekonimiese beginsels toepas? Nope…so kyk gaan hy kyk….

Theresa B ·

Ag siestog asof hy van alle mense hom daaraan gaan steur…………………………..

m ·

Hierdie lotte het lank gewag vir hierdie wet om die witman se grond te kan vat, so hy sal dit verseker teken en die feit dat daar besware is pla hulle glad nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.