SA soldate in lokval in Kongo oorval

(Foto: SA National Defence Force/Facebook)

ʼn Bataljon van die Suid-Afrikaanse weermag is vandeesweek in ʼn lokval in die Demokratiese Republiek van die Kongo oorval terwyl sy lede burgers tussen provinsies begelei het.

Lede van die weermag kon daarin slaag om baie van die vermeende aanvallers dood te skiet en het self geen van hul lede aan die dood afgestaan nie. Van die burgers het wel in die slag gebly.

Die weermag is onder die sambreel van die Verenigde Nasies in die ooste van die Kongo ontplooi om die vrede te bewaar.

Die weermag was besig om vragte goedere op ʼn nasionale pad tussen die Ituri-provinsie en die Noord-Kivu-provinsie te begelei toe hulle deur ʼn groep gewapende mans oorrompel is. Die konvooi was op pad van die Luna-kontrolepunt tot by die Banasura-kontrolepunt.

Volgens maj. A Cengani het lede van die rebellegroep Allied Defence Force (ADF) na bewering probeer om die konvooi in die middel af te sny deur die middelste voertuie aan te val.

“Soldate onder leiding van lt. CD Ramphele het op die aanval gereageer en ingespring om burgers te beskerm.”

Minstens agt van die aanvallers en drie burgers is tydens ʼn skietgeveg dood.

Geen sterftes is onder die Suid-Afrikaanse soldate aangeteken nie.

“Dit is ʼn bewys dat ‘oefen soos ons veg’ die sleutel is om ʼn wapenstryd te wen,” sê Ramphele.

Die weermag het op vier AK47’s en verskeie patrone beslag gelê.

“Die rebelle, wat die grootste deel van die gebied wat hulle eens beheer het aan die weermag verloor het, het egter gewys hulle is steeds in staat om sulke aanvalle uit te voer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Frank ·

My korporaal sou my gekletter het as ek met ‘n donker bril vir patrollie opgedaag het

Ettienne ·

Nou weet ons ook dat die ou SADF se korporaals was nou nie regtig onder die matrieks se A-kandidate nie.

Raakvatter ·

Vergewe vir Ettienne, hy was seker eers na 2000 in matriek. Nie eers gebore toe die manne op die grens was nie.

Stephanus ·

Hierdie berig laat vele vrae ontstaan. Is n hele bataljon aangeval of “oorrompel”. Dit moes n enorme groot konvooi geweea het wat die aanwending van n hele bataljon nodig gehad het. Agt aanvallers word gedood en slegs 4 AK,’s word gekry. Hoeveel aanvallers was daar?

Witbaard ·

Wat n joke. ‘n Hele bataljon oorval deur n groep gewapende mans, en boonop 3 burgers ook dood. Noem julleself ‘n weermag???

Deon ·

“Dit is ʼn bewys dat ‘oefen soos ons veg’ die sleutel is om ʼn wapenstryd te wen,” sê Ramphele…….. “learn as you go” is dit n goeie strategie?

Ettienne ·

‘n Luitenant was in bevel. Dit was dus dalk ‘n peleton of kompanie. ‘n Battaljon is ‘n groot klomp mens bymekaar en is gewoonlik onder ‘n majoor of luit-kolonel se bevel.

Donkerbrille is redelik deesdae standard toerusting, en hou voordele in vir die draer daaraan.

Dink die SA Militia het hier goed gedoen.

JohanR ·

Soldate? Die Recces was soldate, die RLI was soldate, die RAR was soldate, dis SAS is soldate!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.