“Sekspes”-onnie kry borg

Hyde PArk

Hyde PArk

ʼn Onderwyser van Hyde Park-hoërskool in Johannesburg wat geskors is nadat hy glo kaal foto’s van homself aan ʼn 16-jarige leerling gestuur het, het Woensdag vlugtig in die Alexandra-landdroshof verskyn.

Sy saak is tot 22 Januarie uitgestel en hy is op borgtog van R2 000 vrygelaat. Hy word aangekla van die blootstelling en vertoon van pornografie.

Die onderwyser is in Augustus in hegtenis geneem nadat hy glo uitgevang is terwyl hy ʼn WhatsApp-gesprek met die leerling se ma gehad het terwyl hy onder die indruk was dat hy met die seun gesels. Die onderwyser het glo verskeie kaal foto’s van homself aan die seun gestuur sowel as suggestiewe boodskappe. Die ma het daarna ʼn kriminele aanklag teen die onderwyser aanhangig gemaak en hy is uit die skool geskors.

Lees ook:
‘Sekspes’-onnie in hof
Onderwyser geskors ná kaalfoto

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

leon ·

Wil jy nou meer. Ek kan dit nie glo nie. R2,000 borg vir so ernstige misdaad teen n skoolkind. Dis mos proudly South Africa. Daai onnie kan se dankie vader dit was nie my seun nie. Ek sou sy kop verbrysel het die luisgat.

Jasper ·

Ons sameleweing is baie siek en het bitter vining “Noodhulp” of n Dokter nodig. Lees maar tussen die lyne.

Erich Goosen ·

MIskien moet die vervolging beslag le op daardie dele van sy anatomie wat hy so adverteer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.