Ses sterf in trompop botsing

Foto: Laevelder / Lowvelder op Facebook

Foto: Laevelder / Lowvelder op Facebook

Ses mense is Maandag dood na ‘n botsing reg van voor op die N4 tussen Ngodwana en Elandshoek in Mpumalanga.

Joseph Mabuza, woordvoerder van die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid, sê ‘n bakkie en ‘n vragmotor het reg van voor gebots. Hy sê drie mans en drie vroue is in die ongeluk dood. Mabuza sê die drie insittendes van die vragmotor is nie in die ongeluk beseer nie. Vusi Shongwe, LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, het ‘n beroep op die polisie gedoen om dringend die oorsaak van die ongeluk te ondersoek. Hy het ook ‘n beroep op motoriste gedoen om waaksaam te wees. “Die LUR sê deur roekelose bestuurders te straf sal die regering ʼn sterk boodskap aan roekelose bestuurders stuur en dat dit sal help om die paaie veiliger te maak,” sê Mabuza.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Leonie ·

Die ongelukke raak nou ‘n probleem veral wanneer mens nie weet wat dieoorsaak is nie en daar is altyd mens lewens wat in die slag bly.

Leonie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.