Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het Maandag met die aanvang van die omstrede misdaadintelligensiesaak wat Solidariteit namens kol. Kobus Roos voer, toegegee dat daar onbillik teen Roos opgetree is.
Lees meerAlles vir Maandag 10 Februarie 2014
Kommer na verdagte op gratis borg vrygelaat word
Die polisie in Mpumalanga het sy kommer uitgespreek nadat ʼn man wat van moord en roof beskuldig word op gratis borgtog vrygelaat is.
Polisiebeamptes wil glo foto’s op Facebook sit na aanranding
ʼn Joernalis is glo deur polisiebeamptes aangehou nadat hy hulle afgeneem het terwyl hulle glo foto’s van ʼn beseerde man geneem het.
Ses sterf in trompop botsing
Ses mense is Maandag dood na ‘n botsing reg van voor op die N4 tussen Ngodwana en Elandshoek in Mpumalanga.
EFF: ‘Sekwestrasie ‘n slenter om Malema stil te maak’
Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) sê die voorlopige sekwestrasie van Julius Malema, die party se leier, is deel van ʼn slenter om hom stil te maak.
Pa en dogter geskiet toe hulle probeer help
Twee motorwagte, ʼn pa en sy dogter, is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat hulle deur rowers geskiet is in Brakpan aan die Oos-Rand.
Pad na jou hart-sanger in sepie te sien
Die sanger Joe Foster sal eersdaags gesig wys op die gewilde sepie Binneland.
Video: Engelse oorstromings brei uit
Sowat 2 500 huise langs die Teems loop gevaar om oorstroom te word na die stormweer wat die suidweste van Engeland deurdrenk het, ook ooswaarts uitgebrei het.
Video: Oorlogsmuseum kry nuwe baadjie
Die Nasionale Vrouemonument en Oorlogsmuseum in Bloemfontein gaan ‘n gedaanteverwisseling ondergaan as deel van sy eeufeesviering.
PMB-burgemeester in ongeluk
Chris Ndlela, die burgemeester van die Msunduzi-munisipaliteit in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, sy lyfwag en bestuurder was Maandagoggend in sy amptelike voertuig in ʼn ongeluk met ʼn munisipale vragmotor betrokke.
Malema voorlopig gesekwestreer
Julius Malema, die leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), is Maandag voorlopig gesekwestreer deur die Pretoria-hooggeregshof.
Teazers-baas se moordverdagte in hof
George Louca, die man wat verdink word van die moord op Lolly Jackson, voormalige eienaar van Teazers, het Maandag in die Kemptonpark-landdroshof verskyn nadat hy oor die naweek aan Suid-Afrika uitgelewer is.
Midmar-swemmer word vermis
Die polisie van KwaZulu-Natal het Maandag ʼn soektog hervat nadat ʼn swemmer, Herman van Straten (43) ‘n sakeman van Johannesburg, Saterdag gedurende die Midmar-myl verdwyn het.
JHB-paaie sluit vir Avengers-verfilming
Verskeie paaie in Johannesburgse middestad gaan Dinsdag gesluit word terwyl die Hollywood-lokettreffer The Avengers se opvolgfliek daar verfilm gaan word.
WAT Woord van die Week: pypkan
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die woord “pypkan” wat in balsporte gebruik word as verwysing na ‘n systap of wanneer ‘n speler in ‘n ander rigting swenk as wat voorgegee is.
Kind met ysterpen deurboor
ʼn Negejarige seun van KwaZulu-Natal is in ʼn kritieke, maar stabiele toestand in die hospitaal nadat hy met ʼn ysterpen deurboor is wat tydens konstruksiewerk gebruik is.
Madiba-“liefdeskinders” soek erkenning in boedel
Twee vroue wat beweer oud-pres. Nelson Mandela is hul pa, wil in Mandela se boedel erken word.
Familie sterf in Kaapstad-huisbrand
Vyf lede van ʼn gesin is dood nadat ʼn brand Maandagoggend in die vroeë oggendure by hul huis in Lotusrivier in Kaapstad uitgebreek het.
Nuuskommentaar: As ek nié gaan stem nie …
Met die totstandkoming van Front Nasionaal wat verskeie groepe in ‘n party saamvoeg om aan die komende verkiesing deel te neem, en die protesaksies teen kieserregistrasie in verskeie informele nedersettings, is daar opnuut ‘n debat oor die wenslikheid en / of legitimiteit om te gaan stem.
Petisie teen Belgiese “e-tol” kry gou duisende handtekeninge
‘n Aanlynpetisie teen die instel van ‘n proeftydperk van twee maande vir die instel van ‘n tipe e-tol in België het in minder as twee dae reeds 37 000 handtekeninge ingesamel.