Andrew Searle (14), die seun wat tydens ʼn “ontgroeningsritueel” in ʼn skoolkoshuis met ʼn skoen in ʼn kussingsloop teen die kop geslaan is, herstel goed nadat hy vroeër die week ʼn terugslag beleef het.
Volgens sy pa, Sean Searle, verbeter sy toestand by die dag en behoort hy die naweek uit die waakeenheid na ‘n gewone saal geskuif te word.
Andrew, ʼn leerling aan Hoërskool York, is sedert die voorval verlede Dinsdagoggend plaasgevind het, in ‘n hospitaal in George. Andrew is vir bloeding op die brein behandel en het vroeër die week goeie vordering getoon waarna hy van die waakeenheid na ʼn gewone saal geskuif is. Hy het egter Woensdag verswak en is weer in die waakeenheid opgeneem.
Intussen is ses leerlinge van die skool skuldig bevind dat hulle ander leerders met skoene in kussingslope geslaan het. Hulle moet gemeenskapsdiens by die skool verrig en vir berading gaan.
Gemeenskaps diens! Is dit al?! Kort almal een moerse pak slae as jy my vra!!!!!!!!!!