Só word Mandela-boedel verdeel

Mandela. Foto: GCIS

Mandela. Foto: GCIS

Oudpresident Nelson Mandela se kinders en kleinkinders by sy eerste en tweede vroue gaan miljoene rande kry, volgens sy testament wat Maandag bekend gemaak is.

Makgatho en Makaziwe Mandela, sy kinders by sy eerste vrou Evelyn, gaan onderskeidelik R3,5 miljoen en R3,3 miljoen kry. Makgatho se kinders, Ndaba, Mbuso en Andile gaan elk R1,1 miljoen kry. Makaziwe se kinders, Dumani, Tukwini, Adjao Amuah en Kweku Amuah sal ook elkeen R1,1 miljoen kry. Thembekile Mandela, Mandela en Evelyn se seun wat reeds oorlede is, se kinders, Ndileka en Nandi sal elk R3,3 miljoen kry. Winnie Madikizela-Mandela se kinders, Zenani en Zindzi sal elk R3 miljoen kry. Zindzi se kinders, Bambatha, Zondwa, Zwelabo en Zoleka sal elk R100 000 kry. Mandela se agterkleinkind Zozuko, Zamaswi se kind, sal ook R100 000 kry. Mandela se boedel word voorlopig op R46 miljoen geraam.

Graça Machel, Mandela se weduwee, sal intussen eienaarskap neem van vier eiendomme wat die egpaar gesamentlik in Mosambiek besit het. Daar is drie huise in Maputo en een in Chilembene. Sy sal ook hulle motors, juweliersware wat sy gedurende die huwelik ontvang het en al die geld in hul bankrekeninge hou. Mandela en Machel was binne gemeenskap van goedere getroud. Sy was Mandela se derde vrou. Mandela se huis in Houghton, Johannesburg behoort aan ʼn familietrust. Machel mag egter enige artefakte en kunswerke uit die huis verwyder. Mandela het ook R3 miljoen elk aan Machel se twee kinders uit haar vorige huwelik met Samora Machel, voormalige president van Mosambiek, bewillig. Hy het ook R100 000 elk aan Machel se ses kinders uit ʼn vorige huwelik agtergelaat. Machel het intussen 90 dae om te besluit of sy gaan afstand doen van haar reg tot die helfte van Mandela se boedel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

3 Kommentare

Eben ·

Glad nie sleg vir iemand wat 27jr in die tronk was en met n R46milj boedel sit.

jean ·

Ek wil ook vr 27jaar tronk toe maar sal seke eers my van moet verander met n q voor aan

Dan ·

Hy het mos gepropageer dat hy ‘n “herverdeling van rykdom” gaan bewerkstellig. Duidelik was hy baie suksesvol. Sien ook elke dag hoe die “voorheen benadeeldes” floreer op ‘n skaal soos nog nooit tevore gesien nie.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.