Standard Bank ontken afleggings

Standard Bank het ontken dat hy beplan om honderde werknemers in sy IT-afdeling af te lê.

“Standard Bank het geen onmiddellike planne om enige van sy IT-werknemers af te dank, hetsy kontrakteurs of permanent nie,” het Ross Linstrom, woordvoerder van die bankgroep Donderdag gesê. Dit kom nadat die vakbond Solidariteit vandag in ’n brief ’n beroep op Standard Bank gedoen het om oop kaarte te speel oor gerugte van afleggings by die bankgroep. Johan Kruger, woordvoerder van Solidariteit, sê die vakbond het van bekommerde lede verneem dat daar gerugte by die bank rondgaan dat ’n paar honderd werknemers hulle werk kan verloor. “Volgens ons lede gaan talle kontrakteurs se kontrakte nie hernu word nie en word artikel 189-kennisgewings tans vir permanente werknemers voorberei. Standard Bank gaan glo ’n groot gedeelte van sy IT-bedrywighede na Indië uitbestee.”

Linstrom sê hoewel daar geen onmiddellike planne is om IT-bedrywighede uit te bestee nie, kan die bankgroep dit in ʼn latere stadium hersien. “Hoewel Standard Bank verantwoordelikheid neem om IT-vaardighede te ontwikkel en te koester, sal die aard en struktuur van ons IT-departemente hersien word wanneer die markte en mededinging verander.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.