
Sekuriteitsmagte daag by die toneel op net ná die ontploffing Foto: BBC http://www.bbc.co.uk/news/world-africa-22965842
Twee Suid-Afrikaners wat vir Denel, ‘n maatskappy wat verdedigingstoerusting vervaardig, werk, is Woensdag dood tydens ‘n ontploffing in Somalië.
“Ek kan bevestig dat twee van ons werknemers in die aanval op die Verenigde Nasies in Somalië gesterf het,” het Vuyelwa Qinga, woordvoerder van die maatskappy, gesê. Nelson Kgwete, woordvoerder van die departement van internasionale betrekkinge, het alle navrae na Denel verwys. Qinga sê sy het tans nie enige verdere inligting oor die twee Suid-Afrikaners nie.
Reuters het berig dat die binnelandse ministerie in Somalië bevestig het dat twee Suid-Afrikaners onder die 15 sterfgevalle is ná ‘n aanval op die Verenigde Nasies in Mogadishu, hoofstad van Somalië.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
Wat ook al die nuwe wapentuig is,wat daar getoets moes word,,,,,,het seker nie reg uitgewerk nie!
Wat de fok maak Denel, wapenvervaardiger, se werknemers in Somalie ?