Twee ontsnap uit bewegende vangwa

Twee verhoorafwagtendes word sedert verlede Vrydag deur die polisie gesoek nadat hulle die dak van ʼn bewegende polisievangwa oopgesny en ontsnap het.

Brigadier Thulani Ngubane, ‘n polisiewoordvoerder, het Donderdag die name en foto’s van die voortvlugtiges bekend gemaak. Thulani sê die twee mans was van die gevangenis in Potchefstroom na die Klerksdorp-gevangenis onderweg toe hulle ontsnap het.

Sbusiso Mato Mkhatshwa

“Hulle het die dak van die wa met ʼn onbekende voorwerp, wat in lappe toegedraai was, gesny,” het Ngubane gesê. Die polisiebeamptes wat hulle vervoer het, het in Stilfontein stilgehou waar hulle besef het dat die verdagtes ontsnap het. Die polisie ondersoek die omstandighede om die ontsnapping.

Sbusiso Mato Mkhatshwa (27) staan tereg op ʼn aanklag van moord. “Hy is al voorheen skuldig bevind aan moord, maar was uit op parool,” het Thulani gesê. Oompie Tshothego Motale (22) staan tereg op ʼn aanklag van verkragting.

Oompie Tshothego Motale

“Die publiek word gewaarsku om nie die mans te konfronteer nie. Enigiemand met inligting oor waar die mans hulself bevind, moet die polisie by 10111 kontak,” sê Ngubane.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.