Polela, het nadat Maarohanye skuldig bevind is op vier aanklagte van moord, getwiet: “Ek vertrou dat Jub Jub se ondersteuners vir hom ʼn pot Vaseline gegee het om saam met hom tronk toe te neem.” Polela se kommentaar het sterk kritiek ontlok met mense wat meen dit is onaanvaarbaar aangesien hy ʼn lid is van die Valke. Polela het gister op Twitter om verskoning gevra. “My twiet oor Jub Jub Dinsdagaand was in swak smaak. Ek is spyt dat ek dit geplaas het en hiermee trek ek dit terug. Je suis desole [Ek is jammer].”
Maarohanye en Themba Tshabalala is Dinsdag op vier aanklagte van moord, twee van poging tot moord en die gebruik van dwelms skuldig bevind. Vier kinders is dood nadat Maarohanye en Tshabalala in Maart 2010 resies gejaag en in die groep kinders ingeploeg het.