Polisiebeamptes het ʼn vermeende rower Vrydag geskiet nadat hy juwele en ʼn selfoon in Roodepoort, Gauteng, gesteel het.
“Die man het glo ʼn venster gebruik om toegang te bekom tot ʼn huis in Malanlaan in Floridapark,” het kapt. Doniah Mothutsane, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die eienaar van die huis is na buite en het hulp ontbied.”
Polisiebeamptes, wat in die gebied gewerk het, het die man in sy been geskiet. Hy is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem. “Hy is in ʼn stabiele toestand,” het Mothutsane gesê.
Net in die been geskiet … ag nee man, dit moes die KOPBEEN gewees het !
Dis al hoe mens die baie “voornemendes” van hul planne sal laat afsien
Hy word uit die hospitaal ontslaan met ‘n paar krukke en dan gaan soek hy net ‘n ander buurt waar hy kan inbreek.