Die man wat in die see verdwyn het terwyl hy by Smitswinkelbaai naby Kaappunt geduik het, se identiteit is Maandag bekend gemaak.
Kapt. FC van Wyk, ʼn polisiewoordvoerder van Kaapstad, het Maandag gesê die duiker is James McGee (56) van Constantia. McGee het Saterdagmiddag verdwyn nadat hy saam met vriende gaan skubaduik het.
Daar word vermoed dat hy by ʼn skeepswrak, The Rockeater, agtergebly het nadat hy van die groep afgesonder geraak het. Sy liggaam is Sondag in die wrak gevind.
Lees ook:
Vermiste duiker se liggaam gevind