ʼn Man van Taiwan het wonderbaarlik 60 ure lank in die see oorleef, al kan hy nie swem nie.
Lees meerAlles vir Maandag 6 Januarie 2014
Liggaamsdele “val uit die lug” in Saoedi-Arabië
Die polisie in Saoedi-Arabië het gesê menslike liggaamsdele, wat Sondag uit die lug in Jeddah geval het, behoort moontlik aan ʼn verstekeling in ʼn vliegtuig.
Franse speurders soek Schumi-video
ʼn Staatsaanklaer van Frankryk het Sondag gesê hy wil die beweerde selfoonbeeldmateriaal sien van die ski-ongeluk waarin Michael Schumacher beseer is.
Angela Merkel in ski-ongeluk beseer
Angela Merkel, die Duitse kansellier, is beseer toe sy in Switserland geski en geval het.
Valhalla Park-inwoners weer gehuisves
Inwoners van die Agstelaan informele nedersetting in Valhalla Park, Kaapstad, is nou weer almal gehuisves ná ʼn brand verlede maand hul huise vernietig het.
Besoedelde water in Selati-rivier
Besoedelde water het in die Selati-rivier naby die Phalaborwa-ingang na die Kruger-wildtuin gespoel, het SANParke Maandag gesê.
Foto’s: Sandstorm in die Richtersveld
‘n Hewige sandstorm het die Richtersveld Nasionale Park Sondag getref. ‘n Leser het ‘n paar foto’s vir ons gestuur.
Flooze vertel van noue ontkoming en “vlammehel”
Pretoria se Sorina Erasmus, oftewel die Flooze, se kuier Sondag saam met “hartsvriende” by Loskopdam het amper noodlottig geëindig.
Vermiste duiker uitgeken
Die man wat in die see verdwyn het terwyl hy by Smitswinkelbaai naby Kaappunt geduik het, se identiteit is Maandag bekend gemaak.
Boek: Vertel! Vertel!
’n Versameling stories, van toeka tot nou, oor alles van die liefde tot siekte, delwery en dagga. Oorvertel en neergepen soos net die meesterlike Dot Serfontein kan.
Trane vloei in hof tydens tweejarige se mishandelingsaak
Die saak teen ‘n paartjie van die noorde van Pretoria wat aangekla word van poging tot moord op die vrou se tweejarige dogtertjie, is Maandag in die Pretoriase landdroshof uitgestel.
Boek: Toe meneer Venter deurskynend geword het
Op ’n dag stel meneer Venter vas dat hy stadig maar seker besig is om deurskynend te word! Geen dokter kan hom help nie en dit word elke dag erger! Sy hond Snorrie het geen probleem daarmee nie en mevrou Eloff, wat twee keer per week sy huis kom skoonmaak, nog minder. Want terwyl sy skoonmaak, gaan sit sy dikwels op ’n kombuisstoel. Net om ’n bietjie te rus. Maar dit kan ook gebeur dat meneer Venter reeds daar sit …
Video: Jasmin se ma te bang om gedenkdiens by te woon
Honderde mense het in Brakpan byeengekom om te treur oor die dood van die vierjarige Jasmin Pretorius, wie se oom daarvan beskuldig word dat hy haar verkrag en vermoor het.
Oos-Kaap man vas vir moord
‘n 21-jarige man is Sondag in die Oos-Kaap in hegtenis geneem nadat hy glo ‘n man verskeie kere met ‘n skerp voorwerp doodgesteek het.
Vier vas oor diamante in Noordwes
Vier mans is oor die naweek in Lichtenburg in Noordwes in hegtenis geneem, nadat hulle glo onwettig met diamante handel gedryf het.
Steven Seagal oorweeg politiek
Die bekende Amerikaanse aksie-akteur, Steven Seagal (61) oorweeg dit om hom as kandidaat vir die staat Arizona se goewerneurskap beskikbaar te stel.
Polisiemanne verdink dat hul bendelede beskerm
‘n Ondersoek is van stapel gestuur nadat inligting aan die lig gekom het dat polisiebeamptes en ‘n staatsaanklaer glo sewe bendelede beskerm. Die bendelede word aangekla van geweld en moord wat glo verband hou met taxi-geweld in die Vaal-driehoek, het die Valke bekend gemaak.
Zuma betaal vir nuwe Zulu-bybel
Die Jacob Zuma-stigting in samewerking met die Rooms Katolieke Kerk, gaan die Bybel uit die oorspronklike Grieks en Hebreeus na isiZulu vertaal, het The Star Maandag berig.
Boek: Mamma Lucinda
Wat doen jy as jy agterkom jou mamma is nie soos ander mammas nie? As jy sien sy drink bloed in plaas van wyn en dat haar oogtande nogal skerp is? Mamma Lucinda is ’n verhaal oor ’n mamma wat anders is.
Olifant-aanval: Toeris sterk aan, name bekend
‘n Toeris van Engeland wat onlangs in die Krugerwildtuin deur ‘n olifantbul aangeval is, sterk in die hospitaal aan.