Jy moet jou tande borsel! Maar hoekom dan? Sal klein tandeborselmannetjies jou tande kom skoon skrop as jy dit nie doen nie? Natuurlik nie! Jou tande sal sleg word! Die slim kinders in hierdie boek weet dit – hulle weet dat daar altyd ’n goeie rede is vir elke reël. Maar dis lekkerder om snaakse, onsinnige redes uit te dink…
Alles vir Maandag 6 Januarie 2014
Boek: Halsoorkop
Halsoorkop is haastig, en alewig op pad. En hoewel hy altyd sy goue sakhorlosie by hom het, is hy laat vir sy belangrikste afspraak. Die ander voëls het sonder hom op die lang reis na hul broeiplekke vertrek … ’n Storie oor die kuns om onverwags geluk te vind.
Amerikaanse koue eis lewens
Minstens 15 mense is reeds dood in die bitter koue wat die noordelike en sentrale VSA teister, en hef aan lê Maandag en Dinsdag voor wanneer die aanvoelbare temperatuur na verwagting tot -51° Celsius sal daal.
Boek: Chaos in Bronberg
Klein dingetjies het groot gevolge! Wat kan alles gebeur as iemand ’n piesangskil onverskillig weggooi? Na ’n hele reeks gebeurtenisse is die hele Bronberg in rep en roer. Groot en klein geniet die mooiste deurmekaarspul – uiteindelik gebeur daar iets in die dorp!
Boek: Hoogverraad van die verraaides: ‘n Satiriese reis deur die aanloop tot die Boeremagverhoor
Die uitspraak van die sogenaamde Boeremagverhoor het Suid-Afrika pas weer ‘n dosis slegte publisiteit oorsee besorg. Maar presies wat het die mans beweeg om so op te tree dat hul, en hul gesinne, se lewens verwoes is? Die antwoord moet baie ver terug gesoek word.
Maroela Media Top 20 6 Januarie 2014
Vir ewig- Lee Scott Sewe oseane- Andriëtte Swart koffie- Corlea Spore- Elvis Blue Twee- Jay
Matrieks: “Kry verdere opleiding of soek werk”
Byna een uit elke drie jong Suid-Afrikaners werk nie en is ook nie met opleiding besig nie. Die vakbond Solidariteit het Maandag, kort voor die bekendmaking van die matriekuitslae van 2013, jong mense aangeraai om verdere opleiding te kry of werk te soek.
Een sterf tydens Kaap na Rio-seiljagwedvaart
Een persoon is oor die naweek tydens die Kaap na Rio-seiljagwedvaart dood, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) Maandag gesê.
Skryf nou in vir Afrikaanse romanwedstryd
NB-Uitgewers wag vanaf 1 Januarie 2014 inskrywings in vir die Groot Afrikaanse Romanwedstryd 2015. Die wedstryd bied aan skrywers die geleentheid om by die land se grootste en suksesvolste uitgewery te publiseer. Dit is boonop die omvangrykste romanwedstryd in die land met die grootste beloning vir skrywers.
Video: Bejaarde bel glo polisie om bier te bring
ʼn Bejaarde vrou van Memphis in Amerika is verlede week in hegtenis geneem nadat sy glo op Nuwejaarsdag die noodnommer 911 geskakel het om haar te help om ‘n bier te bekom, het The Smoking Gun berig.
Steek die vure aan- Bok van Blerk
Na drie jaar se stilte en nadat hy in drie roplrente gespeel het, het Bok van Blerk eindelik sy stilte verbreek en sy vierde album,…
Nuuskommentaar: Die ligter kant
Daar is plek vir humor om 2013 se lesse raak te vat, en daaruit te put om 2014 aan te pak. Die rubriekskrywer, Blik Oor, het tien “Oskarre” aan nuusmakers van 2013 “toegeken”. So het die kabinet se veiligheidsgroepering die Oskar gekry vir die onderskatting van die bevolking se intelligensie.
Vyfjarige verdrink in strandswembad
ʼn Vyfjarige meisie het Sondag in ʼn swembad by Suid-strand in Durban verdrink.
Kaal man sit in wasmasjien vas
‘n Kaal man van Australië moes rooi in die gesig die polisie se hulp ontbied nadat hy, terwyl hy glo wegkruipertjie gespeel het, in ʼn wasmasjien geklim het en nie weer kon uitkom nie.
WAT Woord van die Week: brekfis
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die woord “brekfis” en “ontbyt”.
Ses sterf in Heidelberg-ongeluk
Ses mense is dood en nege beseer ná ‘n ongeluk Sondagaand op die N3-snelweg naby die Jacobs-afrit in Heidelberg.
Vermiste duiker se liggaam gevind
Die man wat vermis geraak het terwyl hy by Smitswinkelbaai naby Kaappunt geduik het, se liggaam is opgespoor.
Vier polisiebeamptes vas ná man sterf
Vier polisiebeamptes van Mpumalanga is in hegtenis geneem nadat ʼn man wat hulle vir beweerde dronkbestuur in hegtenis geneem het oorlede is.
Ses sterf in Vrystaat-ongelukke
Ses mense is Sondag in twee afsonderlike ongelukke op die N3 in die Vrystaat dood.
Gedagte vir die dag: Help skep saam aan ‘n nuwe orde
Matteus 5:13-14a – Julle is die sout vir die aarde. Maar as sout verslaan het, hoe kry ‘n mens dit weer sout? Dit is niks meer…