eNews Channel Africa (eNCA) berig dat Pheko Dinsdag die aanklagte aanhangig gemaak het. Pheko het aan eNCA gesê Visagie se optrede was ʼn kruising tussen geweld teen vroue en rassisme. Pheko het haar egter vererg nadat die joernalis aan haar gevra het of sy die aanklagte aanhangig gemaak het om publisiteit te kry aangesien dit drie jaar later is. Pheko het later op Twitter uitgevaar teen die media en gesê dit blyk dat kykersgetalle die agenda bepaal. Volgens Pheko het sy die klagte aanhangig gemaak ter wille van haar kinders, vroue en Afrika.
Pheko en Visagie, tans die leier van die Geloftevolk Republikeine, het in April 2010 ʼn konfrontasie gehad tydens die opname van ʼn debatprogram op die eNews-kanaal. Visagie het ten tyde van die opname hom vir Pheko vererg, opgestaan en sy lapelmikrofoon afgeruk. Visagie en Pheko het hierna ʼn woordewisseling gehad waarna Visagie ook in ʼn woordewisseling met die aanbieder van die program betrokke geraak het. Visagie het aan Chris Maroleng, aanbieder van die program, gesê om nie aan hom te vat nie waarna Maroleng gesê het: “Don’t touch me on my studio.”
Dit is nou bloot net om moeilikheid en aandag te soek…….sy is KINDERAGTIG…….hoekom na DRIE jaar eers dinge wil aanvoer. Tipies ANC hul krap nou om iets teen ander te kry want hulle is elke dag in die media vir al die verkeerde redes.
Belaglik
Wat behels ‘n “klagte van intimidasie”? Is dit ‘n kriminele- of siviele klag? Blyk beslis verdag te wees al sou dit nie verjaar het nie. Rassisme is lewendig en gedy onder die “comrades” en in sekere media-kringe …