Die polisie van Welkom in die Vrystaat het Woensdag ʼn beroep gedoen op die bestuurder van ʼn wit afleweringsbakkie om na vore te kom nadat ʼn noodlottige ongeluk tussen ʼn Mercedes Benz en ʼn motorfiets in Julie in die dorp plaasgevind het.
Kapt. Stephen Thakeng, ʼn woordvoerder van die polisie, het gesê die bestuurder is moontlik ʼn sleutelgetuie om die ondersoek af te handel. “Die ongeluk het op 26 Julie om 21:40 vanjaar plaasgevind,” het Thakeng gesê. “ʼn Mercedes Benz en ʼn motorfiets het op die hoek van Arrarat- en Burenstraat gebots. Die motorfietsryer is op die toneel dood.”
Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag. “Volgens inligting was die bestuurder van die wit afleweringsbakkie ʼn ooggetuie op die toneel, en sy inligting kan ons help om die saak op te los,” het Thakeng bygevoeg.
As enigiemand inligting het oor waar die bestuurder hom mag bevind, of meer inligting oor die ongeluk het, skakel ao. Dylan Saayman by 084 687 3014.
Die kanse dat die bestuurder van die afleweringsvoertuig hierdie boodskap gaan kry is NUL !
Ai, my hart BREEK as ek lees van ons motorfietsryers wat dood verongeluk.
♥ RIV ♥
Eish hierdie Afrika tyd is so algemeen en is die oorsaak van baie mislukte ondersoeke. Twee en ‘n half maande na die ongeluk en hulle skrik nou eers wakker?