100 olifante vrek in Zimbabwe

‘n Trop olifante in die Hwange- nasionale park (10 November 2019). (Foto: AP Photo)

Minstens 100 olifante het in Zimbabwe se grootste nasionale park gevrek omdat watergate opgedroog het.

Die Internasionale Fonds vir Dierewelsyn (IFAW) het gesê ʼn “uitgerekte droë seisoen het eens volop watergate tot modderige plasse” in die Hwange- nasionale park verander.

“Minstens 100 olifante is reeds dood weens die gebrek aan water.”

Hwange beslaan meer as 14 600 vierkante kilometer en is die tuiste van ongeveer 45 000 olifante.

Ondanks meer as 100 sonkrag-aangedrewe boorgate voer parkowerhede aan dat dit nie genoeg is om uiterste temperature wat bestaande watergate opdroog, te weerstaan nie.

“Die opgedroogde watergate dwing wild om lang afstande te stap op soek na kos en water,” het IFAW gesê.

In September het Zimbabwe se wildbestuursowerheid daarop gewys dat “baie diere” van die nasionale park na die naburige Botswana beweeg op soek na water en kos.

Die verwagte dierevrektes moet dus gesien word as ʼn “simptoom van diepliggende en komplekse uitdagings wat die streek se natuurlike hulpbronne raak, wat boonop deur klimaatsverandering vererger word,” het Phillip Kuvawoga van IFAW gesê.

Volgens IFAW het meer as 200 olifante in 2019 in Zimbabwe gevrek.

Zimbabwe het in geheel ongeveer 100 000 olifante, die naasgrootste bevolking ter wêreld en byna dubbel die kapasiteit wat sy parke kan handhaaf.

Die interregeringspaneel oor klimaatsverandering sê lande in Suider-Afrika is in gevaar vir uiterste temperature en minder reënval weens klimaatsverandering.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Luckykat ·

Daars omtrent 40 000 te veel oliante in Hwange. Eintlik dink ek nie daar was ooit permanente olifant troppe daar nie. Die gebied kan nie al die diere dra nie, nou word dit op die hitte blameer. Beheer olifant getalle soos wat altyd gedoen was. Dis nie wreeder as wanneer die natuur die getalle uitsort nie.

Bernard ·

Loin – absoluut korrek – maar ‘climate change’ is die gerieflike verskoning.

Karoo ·

Die vraav word nerens aanveraak nie… maar is daar nie juis teveel Olifante nie? Watter natuurlike predatore hou hulle getalle in beheer? Natuurlik is dit ontstellend om te weet dat diere van honger wn dors vrek, maar ons woon nie in die tuin vam Eden waar daar oorvloed is nie.

Kabous ·

Die natuur sal die getalle beheer, maar hier word die diere beperk en kan hulle nie beweeg soos hulle moet of wil nie, so nou gee ek die regeering die skuld, maak nie saak hoe groot die park is nie, hulle word beperk. Wakker word Zim as julle diere wil aanhou en beperk soos julle nou doen, is julle verantwoordelik om water te voorsien!!!!

Bolandse Nooi ·

@Luckykat – voorheen is “culling” onder olifanttroppe uitgevoer. ‘n BAIE WREDE manier om olifantgetalle te beheer, want daar is geskiet sonder om in ag te neem of diere wat geskiet word, dalk koeie met kalwers is. Wanneer ‘n olifant koei met ‘n jong kalf doodgeskiet word, is daardie kalf se dae getel, want al leef hulle in familiegroepe, sal die kalf vrek van die honger, omdat dit vir 2-4 jaar van sy ma afhanklik is. Geen ander olifantkoei sal ‘n ander een se kalf grootmaak nie. Daarom word olifant koeie deesdae “ingeënt” – hulle word basies op langtermyn voorbehoedmiddels geplaas wat verseker dat hulle minder gereeld op hitte kom en kan voortplant.

Hierdie droogte-periode is Moeder Natuur se natuurlike eliminasie-proses en geskied al vir etlike eeue lank, nog voor die mens kom “finger in the pie” insteek het. Jy kry droogte-seisoene, wat opgevolg word deur nat seisoene … diere migreer tussen weivelde en habitats … dit is niks nuut nie.

Olive ·

Ja en agv van die mens het diere al hoe minder beweeg ruimte en so ook voedsel en water bronne. Dit is so bitter hartseer om te dink waardeur daardie diere moet gaan opsoek na water en dan uiteindelik ingee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.