20 sterf in Texas-skietery

Tientalle wetstoepassers is na die Walmart ontplooi waar ‘n aanvaller minstens 20 mense doodgeskiet het. (Foto: Mark Lambie/The El Paso Times via AP)

Minstens 20 mense is dood en nog 26 beseer in ʼn massaskietery in El Paso, in Texas in die VSA.

Goewerneur Greg Abbott het die skietery as “een van die dodelikste dae in die geskiedenis van Texas” beskryf.

Die slagting het Saterdag by ʼn Walmart-winkel naby die Cielo Vista Mall plaasgevind. Dit is net ʼn paar kilometer van die grens met Mexiko.

ʼn 21-jarige man is reeds in hegtenis geneem. CNN het die verdagte as Patrick Crusius geïdentifiseer. Hy het hom “sonder voorval” aan die polisie oorgegee, het sers. Robert Gomez, polisiewoordvoerder, gesê.

Beeldmateriaal van wat glo die skieter is, wat deur Amerikaanse nuuskanale uitgesaai is, wys ʼn man in ʼn donker T-hemp, met oorbeskermers en ʼn soort aanvalsgeweer.

Pres. Donald Trump het op Twitter sy “innige medelye en gebede aan die mense van Texas” gestuur.

Walmart-kliënte word na die dodelike skietery uit die winkel begelei. (Foto: Mark Lambie/The El Paso Times via AP)

Hy het die massaskietery ʼn “daad van lafhartigheid” genoem en gesê “daar is geen rede of verskonings wat ooit moord op mense kan regverdig nie”.

“Ek weet ek skaar my by almal om vandag se veragtelike optrede te veroordeel,” het Trump gesê.

Die slagoffers van die aanval is nog nie geïdentifiseer nie. Mexiko se president, Manuel Lopez Obrador, het egter gesê drie Mexikane is onder die slagoffers, het Reuters berig.

Die aanval kom minder as ʼn week nadat ʼn tienerjarige in ʼn skietery drie mense by ʼn kosfees in Kalifornië doodgeskiet het.

Die polisie ondersoek intussen of ʼn anonieme, wit nasionalistiese manifes wat kort voor die skietery op ʼn aanlynforum geplaas is, deur die aanvaller geskryf is. Luidens die dokument is die aanval gemik op die Spaanse gemeenskap.

Greg Allen, El Paso se polisiehoof, het volgens die BBC gesê berigte oor ʼn aktiewe skieter is Saterdag kort voor 11:00 (omstreeks 17:00 plaaslike tyd) ontvang. Die eerste polisiebeampte was binne ses minute op die toneel.

Die Walmart was stampvol kliënte wat veral terugskooltoe-benodighede gekoop het toe die aanval plaasgevind het.

Die 21-jarige man is die enigste verdagte wat in verband met die voorval in hegtenis geneem.

Die El Paso-polisiedepartement het vroeër in ʼn twiet gevra vir bloedskenkings en gesê dit is “dringend nodig”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Sanna ·

Hy moes SA toe gekom het vir ‘n oogoopmaker omtrent diversiteit. Daarna sou hy elke Meksikaan omhels het op sy pad vorentoe in die lewe.

Grassie ·

Hierdie is baie jammer, ek dink wel dat dit deur sekere mense gereel is sodat die regering beter stand het om gewere weg te vat.

Stebastiaan ·

Moet hulle polisie komplimenteer met die vinnige reaksie tyd. Wil hulle nie maar vir die SAPD kom wyscen leër hoe dit gedoen moet word?

Cherokee ·

Waaroor jy jammer is, is nie duidelik nie. Ek is egter ook jammer en my jammerte is daaroor dat jou redenasie absoluut geen sin maak nie. Reël iemand om klomp mense dood te skiet sodat die regering ‘beter stand het’ om gewere weg te vat. Hoe werk jou kop? Terloops, handwapens is net so gevaarlik soos gewere.

Adam ·

Hoe mense se optrede tot die huidige vlak gedaal het, is ‘n enorme raaisel. Die jong man is deel van ‘n meerderheidsgroep en probeer lede van ‘n mnderheidsgroep uitwis, net soos in SA waar lede van ‘n meerderheidsgroep lede van ‘n minderheidsgroep, veral op plase, uitwis. Ironies genoeg was daar ‘n oproep op bloedskenkings en dink net wat se vuur is gespuug in SA oor die taal waarin vorms tydens bloedskenking beskikbaar is. Trump se gereelde belaglike uitbarstings dra onteenseglik by tot die geweldsorgie, net soos die uitlatings van veral ons ANC en EFF politici daagliks rassehaat aanblaas..

Cherokee ·

..en behalwe vir te veel CNN kyk, is jy kompleet mislei.

Adam ·

CNN, ek kyk nooit CNN nie, maar lees wel baie wyd. Kyk gerus na die tweede skietery in die VSA vandag. Trump se inflammatoriese stellings maak ongelukkig die verkeerde honde wakker en die meeste van hulle kom uit Trump se eie “gemeente”.

Johan ·

As dit nie vir Trump was nie, was Amerika in sy kanon in. Doen eers deeglike navorsing oor president Trump voor jy jou onkunde versprei. Oppas vir ‘fake news channels’. Dis hartseer wat in Amerika gebeur het met die mal mense wat ander vermoor het. Innige medelye met die slagoffers en hulle families. Mag God hulle bystaan as dit Sy wil is.

Mel ·

Trump get nog geensins geld aangeblaas nie maar wel die CNN fake media nexus en Antifa en democRats. Onder Onama is geweld of polisie aangeblaas. Voor sy presidentskap her Trump nooit as rassis bookend gestaan nie maar nou dat hy die globalistiese kabaal teengaan is alles sy skuld. Heelwat kommentare se daar was meer as een skieter. Maar dan skielik net een. Dis altyd so. Vreemd. Valsvlag?

Jan ·

Meeste van die massa skietery is fake nuus hulle gebruik krisis akteurs.waar is die fotos van die lyke…dis n klug hierdie..

Bandit 1200 ·

MEL ek stem saam. Ek volg die VSA politiek en in die week noem ń Amerikaner dat na die Demokrate se Meuller sirkus ruik hy ń massa skietery aan die kom en wat gebeur?
Dinge is nooit op die oog af soos wat dit lyk nie….

Stebastiaan ·

Moet hulle polisie komplimenteer met die vinnige reaksie tyd. Wil hulle nie maar vir die SAPD kom wys en leër hoe dit gedoen moet word?

Jan ·

Dis n klug dit het nie regtig gebeuur nie.waar is die fotos vd lyke.hulle gebruik krisis akteurs om alaml te bluf

Gertse ·

O liewe HEL! Mel! Haal af jou oogklappe en pluisies uit jou ore dai Trumpet vent gaan sy land nog groot skade aandoen met sy groot mond!

François Joubert ·

Jy kyk te veel CNN fake news. President Trump is seker die beste POTUS wat die land nog opgelewer het. Ek is trots om hom MY President te noem. Bekommer jou liewer oor jou president wat verantwoordik is vir die uitwissing van die blanke minderheid.

Adam ·

Wat politieke vernuf aanbetref is hy onder gemiddeld. Wat ekonomiese sake aanbetref is hy bo gemiddeld, maar die geskiedenis sal leer wat die impak van sommige van sy besluite oor die lang termyn is. Interessant is dat hoeveel van sy destydse gevolg in die tronk sit, oa weens die toesmeerdery en tot stilte koop van prostitute. Is julle regtig naief genoeg om te glo dat sy getwiet “fake news” is, asook alles wat Trump na ‘n “loose cannon” laat lyk. Trump is en bly ‘n polariserende figuur en boonop beteken hy weinig tot niks vir SA.

Donderstorm ·

Nou glo 9 mense in ohio en 26 beseer glo 1 skieter wat geskiet is deur polisie.

Jan ·

Kulle weet nie waarvan julle praat mie.trump was baie jare vriende met mugabe en os nog syeeds briende met diktators soos die leiers van saudi arabie…

Gertse ·

Ja nee mat en daar gaat ons alweer Francios Joubert en me,l ou Trumpet is niks anders as n moderne Zuma nie

Johanna Botha ·

En hoeveel moorde word nie op n daaglike basis in sa gepleeg nie ….presies !

Waarheid ·

Al lewer ons kommentaar van hier tot doer oor ander lande en hul leiers sit ons nog met die grootse GEMORS en sal ek en my huis bly Glo en vertrou onvoorwaardelik want mense wik maar GOD beskik oor alles wat lewe en sterwe.????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.