21 dood ná tiener by skool losbrand

(Foto: Jordan Vonderhaar/Getty Images/AFP)

Minstens 19 leerders en twee volwassenes is dood toe ʼn 18-jarige by ʼn laerskool in Texas losgebrand het.

Die voorval wat in Uvalde, ʼn klein gemeenskap sowat ʼn uur van die Mexikaanse grens af, plaasgevind het, is die dodelikste Amerikaanse skoolskietery in die afgelope jare.

“Dit is tyd om hierdie pyn daadkragtig in optrede te verander vir elke ouer, vir elke burger van hierdie land,” het pres. Joe Biden gesê en geëis dat strenger wapenwetgewing ingestel moet word.

Greg Abbott, goewerneur van Texas, het tydens ʼn nuuskonferensie die verdagte as die 18-jarige Salvador Ramos, ʼn plaaslike inwoner en ʼn Amerikaanse burger, geïdentifiseer.

“Hy het geskiet en doodgeskiet, gruwelik en onbegryplik,” het Abbott gesê.

Volgens berigte het Ramos sy ouma geskiet voordat hy omstreeks 12:00 na die Robb Elementary School gegaan en met ʼn pistool en nog ʼn vuurwapen in die skool losgebrand het. Ramos is later deur die polisie doodgeskiet.

Die skool het sowat 500 leerders tussen sewe en 10 jaar oud en verskaf onderrig aan meestal Spaanse en ekonomies benadeelde leerders.

Dinsdag se voorval is die dodelikste skoolskietery sedert die Sandy Hook-skietery in 2012 in Connecticut waartydens 20 kinders en ses personeellede doodgeskiet is.

Die Withuis het beveel dat vlae halfmas gehang moet word as teken van rou vir die slagoffers. Die jongste voorval in Texas volg op ʼn reeks massaskietvoorvalle in die VSA vandeesmaand. ʼn 18-jarige man het op 14 Mei 10 mense by ʼn kruidenierswarewinkel in Buffalo, New York, doodgeskiet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Jean ·

Ek twyfel, hy het dan gewag tot hy 18 is om dit te kon koop.

Robert ·

Sielkundige steuring is die oorsaak van 100% van die gevalle.

AW ·

Werklik Bitter Jammer oor die wat beseer en dood is agv daardie persoon se ootrede!!

Tog, ek vra myself af, Waarom is dit vir die Amerikaaners so Moeilik of Pro Aktief op te tree….

Hoeveel nog meer, moet onskuldig gedood en beseer word?

Of

Is dit n bewys van – dit is wat jy oes agv jou “Second Ammendment Rights”?

Volgens my, geen mens is gebore om wreed te wees en of om ander na tekom nie.

Lillian ·

Al die berigte wat ek laasnag gelees het van die VSA sê dat 14 jong kinders en 1 volwassene (onderwyser) dood is.
Die skieter het ook sy ouma dood geskiet voordat hy by die skool opgedaag het en die skoolkinders geskiet het.

AmY ·

Tragies. Nou is hy dood, en kan nie verantwoording vir sy gruweldade doen nie.

marius ·

Verskriklik! Wapen wetgewing sal nie mense se maligheid verander nie .

Manie ·

Oupa Biden dink anders, sy eerste woorde was dat hulle die Amerikaanse wapenwet moet hersien.

LD ·

Net soos ek in die ander berig kommentaar het, die mense daai kant skiet soos mal goed! Vat almal se vuurwapens weg, want dit vat nie veel om hulle te dryf na die aksie nie! En elke keer is dit onskuldige mense wat hul lewens verloor! Mag al die slagoffers in vrede rus!

Jean ·

Baie hartseer, en ja amerika se wapens wette moet verander en verbeter vir so groot land.
Die man het op sy 18de die wapens gekoop, in SA sou hy langer as ‘n jaar moes wag net vir ‘n handgeweer.

Kobus ·

Kan nie onthou dat ek gelees het dat hy die wapen gekoop het op sy 18de verjaardag nie.Dit kon dalk sy ouma sin gewees het wat hy gevat het

Cherokee ·

Jean, vertel asseblief wat op aarde is ‘n ‘handgeweer’.

Waarnemer ·

Dit is tragies,simpatie aan die ouers vd oorledenes maar wil julle nie asb julle polisiebeamptes SA toe stuur nie.Hier word moordenasrs nie summier dood geskiet nie,hulle kry 5 ster behandeling.

Gaitsigubib ·

As kinders op skool al leer om goddeloos te wees dan moet jy so iets maar verwag. Nie eers in SA waar geweld aan die orde van die dag is was daar al n massa skiettery by n skool nie (ek praat nie van een kind wat n ander met n mes steek nie). Hierdie tipe misdaad is nogal uniek aan die VSA.

JohanR ·

Skool skietery is amper soos ‘n nasionale sport in die VSA. Sou nie dink enige iemand met ‘n onwettige wapen sou by die Wit Huis, FBI, CIA of Pentagon sou kon in kom nie, soe hoe nog op die terrein van ‘n skool?

Kensy ·

Kan nie help om te wonder of die aanvaller homself dalk n ander wapen sou wend as hy nie n vuurwapen kon kry nie.
Wapens is nie die probleem nie… die hande wat die vuurwapen vashou is die probleem!!!

Gerhardus ·

Biden en sy hanteerders wil só graag die wetgewing rondom die besit van vuurwapens verander. Misdadigers en moordenaars steur hulle nie aan enige wetgewing nie. Die moorde word nie gepleeg deur wetsgehoorsame burgers, wat vuurwapens besit, nie.

Kensy ·

As vuurwapens onbekombaar gemaak word, sal die misdade steeds plaas vind.
N petrol-bom kan dieselfde werk doen… gaan ons brandstof ook verban?

Deon ·

En hoeveel ander maniere is daar nie ook om mense se lewens te neem nie.

Delia ·

Steek ook al die messe weg…koop gesnyde brood ens. Die wapen is nie die probleem. Die mens is..

ameli ·

Hoekom is dit so maklik vir iemand om net in te stap in die skole, maak dit veiliger en moeilik vir iemand van buite om in te kom, maak dit soos by die lughawens bv. dat hul als deur n monitor laat gaan voor jy daar kan in.

Hoekom ·

Laat hulle, soos die glorie ryke Biden sê, die wapen wetgewing verander. Dit is baie makliker en minder administrasie om onwettige wapens(AK en so meer, drom mags ens.) te kry. Al wat dit regtig vermag, is om wets gehoorsame burgers te ontwapen…

Dewald ·

Baie lesers wat hier kommentaar lewer, gaan van my verskil. Ek is nie ‘n aanhanger van Biden of die Demokrate nie, maar Amerika het sterker vuurwapen wetgewing nodig. Hierdie skieter het in alle waarskynlikheid baie maklik, wettig, ‘n wapen bekom. Hulle moet stappe neem om beter keuring en oorsig te he, dit oortree nie hulle “Second amendment rights” nie – dis bloot beter regulering.

Ek verstaan die argument dat vuurwapens nie mense doodmaak nie, mense maak mense dood – maar hy sou nie 20 mense doodmaak met ‘n mes nie.

Robert ·

FBI statistiek bewys dat “ander” wapens die grootste getalle sterftes het.
“In addition, 600 people were killed in 2019 with what the FBI refers to as “personal weapons,” meaning hands, fists or feet. Knives or other “cutting tools” accounted for another 1,476 homicides — about three times the number killed by rifles.”

Frank ·

Die sot Biden sanik oor wapen wetgewing, maar stuur biljoene $ se wapens Oekraïne toe? Die DemoRats raak paniekbevange oor November se verkiesings en sal na enige strooihalm gryp. Ironies dat hulle wetgewing wil instel om wapenverkope te reguleer, maar wetgewing teenstaan om met jou ID persoonlik te moet gaan stem? T’sek!!

Waarnemer ·

Stuur daardie land se polisiemanne SA toe.Hier word moordenaars nie dood geskiet nie hulle kry 5 ster behandeling.

A ·

Ek salueer die kinders wat hulleself opgeoffer het sodat die res van Amerika hulle wapens kan behou.

Johan ·

Ek wonder net waarom hierdie tiepe skiet voorvalle so gereeld in Amerika voorkom! Is dit dalk omdat mense in Amerika altyd sien hoe hulle land in oorlog betrokke is? enige oorlog in die wereld is Amerika betrokke kan dit dalk bydra tot die probleem?

Robert ·

Geestelike versteuring is die oorsaak en verval van morele waardes.

Delia ·

Wonder maar oor al die geweld op TV en die video speletjies…daar word mense geskiet met geen gevolge

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.