36 beseer toe bus omslaan

Skermskoot uit video deur NBCNewYork

Minstens 36 mense is beseer, waarvan drie in ʼn ernstige toestand, toe ʼn skoolbus Donderdagoggend tydens spitstyd in Bronx, New York in die VSA, omgeslaan het.

Die bus, met 37 mense aan boord, het in ʼn noordelike rigting gery toe die bestuurder ʼn afrit wou neem en die bus omgeslaan het, het die New York City-polisie gesê.

Die brandweer en nooddienste is omstreeks 06:00 na die toneel ontbied. Die brandweer het gesê 36 persone is na plaaslike hospitale geneem. Drie persone is in ʼn ernstige maar stabiele toestand en drie het slegs geringe beserings opgedoen.

Volgens die polisie was geen kinders aan boord nie, slegs busbestuurders.

Eric Adams, burgemeester van NYC, het gesê die skoolbus word gekontrakteer deur die departement van onderwys. “Die veiligheid van elke lid van ons gemeenskap bly ons hoogste prioriteit,” het hy bygevoeg.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.