46 vas vir kinderpornografie

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto: Unsplash)

Nieu-Seelandse owerhede het vandeesweek 46 mense in hegtenis geneem wat glo geruime tyd al beeldmateriaal van kinders wat seksueel misbruik word aanlyn rondstuur.

Boonop is talle kinders regoor die wêreld van verdere misbruik gered.

Die inhegtenisnemings vorm deel van ʼn internasionale ondersoek wat sedert 2019 derduisende sosiale media- rekeninge dophou wat glo hierdie beeldmateriaal deel.

Die Europese wetstoepassingsagentskap Europol het Woensdag bevestig dat ʼn aanlyn diensverskaffer destyds die verskynsel aangemeld het.

Die verskaffer het gesê dat ʼn aantal gebruikers die betrokke platform gebruik om “besonder ontstellende kindermishandelingbeelde met mekaar te deel”.

“Sommige foto’s wat oor en weer gestuur is beeld sadistiese dade uit waarin kinders en selfs babas misbruik word,” het Europol in ʼn verklaring gesê.

Nieu-Seeland se departement van binnelandse sake het altesame 146 kinders regoor die wêreld van verdere misbruik gered.

“Die ondersoek het meer as 90 000 aanlyn rekeninge wêreldwyd geïdentifiseer en besonderhede hieroor is met die relevante nasionale owerhede gedeel,” het Europol gesê.

Nog 100 vermeende pedofiele is regoor die Europese Unie (EU) geïdentifiseer en 836 sake is intussen wêreldwyd in verband hiermee geopen.

Volgens Europol is twee voorvalle in Oostenryk en Hongarye oopgevlek waarin die verdagtes hul eie kinders, onderskeidelik ses en agt jaar oud, mishandel het en beeldmateriaal daarvan gedeel het.

“Hierdie kinders is ook nou veilig.”

ʼn Ondersoek in Spanje het bevind dat ʼn verdagte beeldmateriaal vervaardig het waarin kinders seksueel uitgebuit is. Dié het glo ook naakte volwassenes sonder hul toestemming verfilm.

Verskeie ondersoeke in verband met die gru-beelde duur in talle EU-lande voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Di ·

Het nie woorde nie! Hoop die hele spul word opgespoor en sit vir jare in die tronk. Kan nie glo dat mense dit aan onskuldige kinders doen nie, sielsiek!

VaalDonkie ·

Hierdie goed gebeur in Hollywood en in die regerings van lande die wereld oor. Dis ‘n soort mag-speletjie vir hulle.

Erika ·

Sulke ” mense ” verdien die doodstraf wat hulle aan Onskuldige kinders selfs babetjies doen
Hulle is laer as “bollie”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.