5 dood, 18 beseer in massaskietery in VSA

Argieffoto (Foto: Steve Buissinne/Pixabay)

Minstens vyf mense is dood en 18 beseer tydens ʼn skietery by ʼn nagklub in Colorado Springs in die VSA.

Pamela Castro, woordvoerder van die polisie, sê die getal slagoffers kan moontlik aangepas word soos wat die ondersoek vorder.

Nooddienste is Saterdagaand net voor middernag (0657 GMT Sondag) ontbied na ʼn plaaslike LGBTQ-klub, Club Q.

Nooddienste en beamptes het reageer. Sy het gesê “een individu is in die klub opgespoor wat vermoedelik die verdagte is”.

Club Q het gesê hy is “platgeslaan oor die sinnelose aanval op ons gemeenskap”. “Ons sê dankie vir die vinnige reaksie van heldhaftige klante wat die skieter oorval het en die haat-aanval beëindig het,” het die nagklub Sondag in ʼn plasing op Facebook gesê.

Die nagklub het Saterdag ʼn LGBTQ-geleentheid bemark wat om 20:00 sou begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.