Adidas: Eerste verlies in 30 jaar oor Kanye

Adidas het Woensdag sy eerste verlies in meer as drie dekades aangemeld weens die beëindiging van sy vennootskap met die Amerikaanse rapper Kanye West (Foto: Adidas webtuiste)

Adidas het Woensdag sy eerste verlies in meer as drie dekades aangemeld weens die beëindiging van sy vennootskap met die Amerikaanse rapper Kanye West (nou formeel bekend as Ye).

Adidas en West het die gewilde Yeezy-tekkiereeks saam ontwerp. Die vennootskap is egter in 2022 beëindig nadat West ʼn storm ontketen het met ʼn reeks anti-Semitiese sosialemediaplasings.

Die ineenstorting van die vennootskap het die maatskappy van ʼn belangrike inkomstestroom ontneem en Adidas opgesaal met ʼn massiewe voorraad van onverkoopte skoene.

Adidas het ʼn verlies van €75 miljoen in 2023 opgeteken, ná ʼn wins van €612 miljoen in 2022. Volgens Adidas was dit die maatskappy se eerste netto verlies sedert 1992.

Bjorn Gulden, wat kort ná die Kanye-debakel van die mededingende handelsmerk Puma af oorgekom het om Adidas te lei, is egter nie té bekommerd oor die verlies nie.

“Hoewel dit lank sal vat om werklik sake om te keer, bou dit ʼn basis om dit te bereik wat ons belowe het.”

Adidas voorspel ʼn toename in sake vir 2024,hoewel verkope slegs met ʼn enkelsyfer kan groei. Die handelsmerk verwag wel dat die bedryfswins op ongeveer €500 miljoen te staan sal kom, dubbel die syfer vir 2023.

Met die Europese sokkerkampioenskap in Junie en Julie wat deur Duitsland aangebied word en die Olimpiese Spele kort daarna in Parys, sal Adidas na verwagting voordeel trek uit hoër verkope van truie en verwante items.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

steyn ·

Janee, Jan, al hierdie LGBTQ twak wat in ons kele afgedruk word, asook die BELA skoolwet wat die satanskinders probeer, maak dat alles uitmekaar val. En dis goed dat dit gebeur. Dit maak die oorlog soveel makliker vir die opregtes

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.