Alle vroue ouer as 18 nou welkom by Mej. Heelal

R’Bonney Gabriel, Mej. Heelal 2022. (Foto: Facebook)

Die Mej. Heelal-organisasie het aangekondig dat alle vroue ouer as 18 vanaf 2024 aan dié gesogte skoonheidskompetisie kan deelneem.

R’Bonney Gabriel, Mej. Heelal 2022, het die nuus aangekondig tydens die ontwerper Tanner Fletcher se vertoning op die New Yorkse modeweek.

Maroela Media het vroeër vandeesweek berig dat die Suid-Afrikaanse skoonheid Bryoni Govender die land in November vanjaar sal verteenwoordig.

Govender is slegs die tweede Suid-Afrikaner van Indiese herkoms wat die land in dié kompetisie sal verteenwoordig.

Die reëlverandering wat alle vroue ouer as 18 toelaat om aan die kompetisie deel te neem, sal vanaf 2024 in werking tree.

“Elke volwasse vrou in die wêreld sal in aanmerking kan kom om deel te neem aan die Mej. Heelal-kompetisie,” het Gabriel na afloop van die modevertoning op Instagram geskryf.

Die 29-jarige Amerikaner is die oudste vrou wat al as Mej. Heelal aangewys is. Sy was ook die eerste Fillipyns-Amerikaanse vrou wat die Mej. VSA-titel gewen het en ook die eerste Mej. VSA-verteenwoordiger in ʼn dekade wat as Mej. Heelal gekroon is.

Volgens People het Gabriel gesê ouderdom is net ʼn syfer. “ʼn Vrou se vermoë om aan Mej. Heelal deel te neem, behoort nie deur haar ouderdom bepaal te word nie.”

Gabriel het in Januarie aan People gesê sy wil ʼn “stem” vir verandering in die mode- en skoonheidskompetisiebedryf wees.

“Veral noudat ek so ʼn groot platform as Mej. Heelal het, is dit een van my hoofdoele.”

Die jongste verandering kom nadat die kompetisie in 2022 ook die reëls verander het om moeders en getroude vroue toe te laat om deel te neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Laksman ·

haha spaar my dit…..ek verstaan daar is n afdeling waar hulle in swemklere ook moet verskyn lol

Gert ·

Sulke dames moet tog onthou om nie hul prostaat ondersoek in hul 40s te mis nie.

Fontein Tannie ·

Niks is meer spesiaal of nastrewenswaardig in die wereld nie. Elke tweede tandelose sandparra kan nou (en sal op meriete van foei tog) toekenning ontvang vir alles.

Pieter ·

die ouderdom was 27. en dit sluit steeds nie ALLE vroue in nie. Die MEJ vooraan het ook vereistes…

Adri ·

Ek identifiseer as mooi en jonk, kan ek ook deelneem?☺. In realiteit 50 en maar redelik algemeen.

JohanR ·

My 93 jare ou Moeder kan nie wag nie. Verstaan NDZ het ook ingeskryf.!

Andrew ·

Die een probeer meer “fake”/”fluid” as die ander een wees.

PersHeks ·

Ek sal eerder die Mej Heelal se naam verander na die “Battle of the Bulge” as ons oues van dae ook deelneem!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.