Apie bel 911

Argieffoto (Foto: David M. Jensen (Storkk) via Wikimedia Commons)

Die polisie in Kalifornië het na ʼn dieretuin gehaas ná ʼn 911-noodoproep, net om uit te vind dit is ʼn apie wat gebel het.

Versenders het beamptes gestuur om ʼn moontlike noodgeval te ondersoek ná hulle Saterdagaand ʼn oproep ontvang het wat afgelui het.

Beamptes van die sheriff se kantoor in San Luis Obispo County het bepaal die oproep is gemaak by Zoo to You, ʼn bewaringspark sowat 320 km noord van Los Angeles. Hulle kon egter nie enige mense vind wat hulp benodig nie.

Hulle het begin ondersoek instel – vasbeslote om die raaisel op te los.

“En toe het hulle besef … dit was waarskynlik Route, ʼn mantelaap,” lui ʼn plasing op sosiale media deur die sheriff se kantoor. “Route het glo die dieretuin se selfoon opgetel. Dit was in ʼn gholfkarretjie wat gebruik word om op die dieretuin se 400 hektaar groot perseel rond te ry.”

Mantelape is van nature baie nuuskierig en hulle peuter graag met voorwerpe wat hulle optel.

“En dit is presies wat Route gedoen het. Dit was toevallig net die regte kombinasie van nommers om ons te bel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Miena ·

ag hoe oulik. Jammer dat EMS verniet moes haas na die area toe – maar daarenteen, wie weet dalk sou dit iemand kon wees wat nie kon praat nie en net so m.b.v. n foon dalk hulp bekom. Uitgeslape ou dingetjie. Regte aapstreke hahahaha

Sandra ·

Hy het so sweerlik geweet wat hy doen. Hy wou he 911 moet hom uit die dieretuin kom haal. Siestog, so oulik

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.