Die eerste minister van Nieu-Seeland, Jacinda Ardern, het Saterdag aangekondig dat ’n vlak 3-afsondering vanaf Sondag vir sewe dae in Auckland sal geld.
Dít volg nadat ’n Covid-19-pasiënt verskeie openbare plekke besoek het terwyl die reëls vir selfisolasie gegeld het.
Die res van Nieu-Seeland sal vir die volgende week onderhewig wees aan ’n vlak 2-afsondering.
Groot sosiale byeenkomste word tydens dié vlak beperk. Openbare lokale word ook verplig om te sluit wat beteken dat alle sportbyeenkomste vir die komende week gekanselleer moet word, berig die NZ Herald.
Kruidenierswinkels bly oop. Hoewel leerders in Auckland vir die volgende week tuis moet bly, is die res van Nieu-Seeland se skole oop.
Ardern het gesê die betrokke pasiënt is ’n familielid van ’n hoërskoolleerder wat deel is van ’n skoolgemeenskap wat vroeër aangesê is om te isoleer. Die betrokke leerder het egter drie keer negatief getoets vir die virus en toon geen simptome nie.
Die leerder se familielid is egter sowat ’n week al aansteeklik en het in dié tyd ’n gimnasium, ’n supermark en ’n universiteit besoek.
“Mense wat in isolasie moes wees, het verskillende situasies met hoë risiko’s geskep,” het die eerste minister gesê.
The Guardian berig byna twee miljoen van Auckland se inwoners is vroeër vandeesmaand vir drie dae ingeperk nadat ’n gesin van drie positief getoets het vir die Britse Covid-19-variant.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
8 Kommentare
Altyd net die een domme!
Het NZ nog nie van Ivermectin gehoor nie?
Die Kiwis is pateties. Glo alles wat die Antie met die groot tande hulle mee bang maak!
Dit lyk vir my of die eerste minister soms dalk net effens oorreageer.