Australië, China se verdedigingsministers vergader

Australië se minister van verdediging Richard Marles (links) en sy Chinese eweknie Wei Fenghe (12 Junie 2022) (Foto: Handout/Australian Departement of Defence/AFP)

Australië en China se ministers van verdediging het mekaar Sondag vir die eerste keer in drie jaar ontmoet. Die gesprek word beskryf as “ʼn belangrike eerste tree” ná ʼn periode van spanningsvolle verhoudinge.

“Dit was ʼn geleentheid om ʼn openlike en volledige gesprek te hê waar ek ʼn aantal kwessies aangeroer het wat betref Australië,” het Richard Marles, Australië se minister van verdediging, aan verslaggewers in Singapoer gesê.

Die vergadering tussen Marles en sy Chinese eweknie Wei Fenghe het op die kantlyn van die Shangri-La-veiligheidsdialoogberaad plaasgevind en vir meer as ʼn uur lank geduur.

“Dit is in hierdie tye baie belangrik dat daar ʼn oop lyn van gesprek is,” het Marles, ook Australië se adjunk- eerste minister, gesê. “Australië en China se verhouding is ingewikkeld. En dit is juis daarom baie belangrik dat ons nou in gesprek tree.”

Daar was nie dadelik kommentaar van Wei of die Chinese regering oor die vergadering nie.

Betrekkinge tussen Beijing en Canberra was die afgelope paar jaar gespanne ná Australië ʼn onafhanklike ondersoek versoek het oor die oorsprong van die koronaviruspandemie en Chinese telekommunikasiereus Huawei verhoed het om Australië se 5G-netwerk te bou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

VaalDonkie ·

Ja dis reg. Kom ons probeer die foute van die 20ste Eeu vermy.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.