Baba in hof vir poging tot moord

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Nege maande oue baba het in ʼn hof in Pakistan verskyn op aanklag van poging tot moord.

ʼn Huilende Mohammad Musa het saam met familielede en ander verdagtes in die hof verskyn nadat hulle daarvan beskuldig is dat hulle werknemers van ʼn gasmaatskappy met klippe bestook het. Die amptenare was besig om ’n anti-diefstalinspeksie uit te voer in Ahate Thandedaran in Lahor, Pakistan. Inspekteur Kashif Muhammad, die polisiebeampte wat op die toneel was en die aanklagte aanhangig gemaak het, is intussen geskors.

Muhammad Yasin, Musa se oupa, het aan verslaggewers gesê die polisie het die aanklagte opgemaak. “Almal in die hof het gevra hoe kan dit moontlik wees dat so klein kind by ʼn saak betrek kan word en watter tipe polisie het ons?” Die kind is intussen op borg vrygelaat maar moet weer op 12 April in die hof verskyn.

Pakistan se polisiebeamptes word dikwels daarvan beskuldig dat hulle vals aanklagte teen mense aanhangig maak om omkoop geld te kry of omdat hulle betaal word om dit te doen. Pakistan het verlede jaar ingestem om die ouderdom van kriminele verantwoordelikheid van sewe na 12 te verhoog behalwe in sake wat met terrorisme verband hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Justi ·

Goeie genade………hoe belaglik is die klagte teen die kind tog nie. Daardie polsielieman moet werklik sy kop laat lees.
(Ria Maritz ek wil net se: hoop jy het n wonderlike naweek en dat als goed gaan.)

Leana ·

Justi, belaglik inderdaad..

(Ria Maritz, hoop ook jy geniet jou naweek hoor )

Justus ·

Klink soos iets uit die koerante van toet : – ” Mnr en Mev Poggenpoel van Goodwood het vir n kort vakansietjie vertrek na hul skoonouers op Langlieslaagte “. ( Ek meen regtig. WDD? )
PS
Klink vir my meer na n kwansuis- en amateuragtige alibi vir skaamkwaad-koors.

Ria Maritz ·

Goeie naand Justi – ek stem met jou saam. Wat hier gebeur het is onaanvaarbaar. Met my gaan dit baie goed dankie. Vertrou met jou ook. Groete ;)

Hannetjie ·

Klink my dit is nie net in Suid Afrika waar die polisie die klits kwyt is nie…

Jasper ·

Kommentaar was verwyder Wat verwag n mens van n land waar seniele ou mans met die ouers se toestemming, met 8 jarige meisies trou ? Dit gaan oor geld.

bibi ·

Jasper!..moenie julle seniele ”ou mense”se besluite vergeet ..om julle kinders al vroegdag toe te laat in ‘n saamleef verhouding nie…

Ludwig Everson ·

Maroela Media julle word die tweede Huisgenoot, alles maar net sensasie geen diepte ondersoek, geen verwysing waar julle die informasie vandaan kry nie.

Niks eens met Afrikaners te doen nie, ag nee, is dit die moeite om nog Maroela Media te lees?

Dit is geen joernalistiek wat julle hiet pleeg nie, slegs kopieë van ander koerante se sensasie.

Wian ·

Ludwig, niemand dwing jou om te lees nie, hou maar verby ou swaer, jou opmerkings is ongevraagd, jy soek duidelik net iets om oor te kla. Maroela Media is puik!

André ·

Moenie bekommer nie mense dit is net n April grap. Wat anders.

Ina ·

Hannetjie jy is reg, hulle is net so n VET grap soos die klomp wat ons land PROEBEER regeer, en Ludwig daar IS ander mense wat belangstel en as JY nie belangstel nie vir wat lees jy dit… hellllooooo!!!!!! Wian jy is reg Maroel is puik!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.