Bank of America betaal reuse boete

BofADie Bank of America het ingestem om ‘n skikkingsboete van $9,3 miljard te betaal om verdere vervolging vry te spring.

Die skikking tussen die bank en die departement van justisie spruit uit die hulppakket van $45 miljard wat die bank aan die begin van die wêreldwye ekonomiese krisis ontvang het, toe die bank die beleggingsbank, Merrill Lynch in 2008 oorgeneem het.

‘n New Yorkse regter het bevind dat die Bank of America foutiewe inligting verskaf het om die geledelike hulppakket te ontvang.
Bron: Trouw

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.