Bieber verkoop musiekregte vir miljarde

Justin Bieber. (Foto: Facebook/Justin Bieber)

Justin Bieber is sowat R3 miljard ryker nadat hy gedeeltelike regte op sy musiekkatalogus verkoop het.

Die Kanadese popster het ál sy musiek wat voor 31 Desember 2021 vrygestel is (290 liedjies en sy skrywersaandeel) aan Hipgnosis Songs Capital verkoop. Dít sluit in die treffers “Baby” en “Sorry” waarvoor Hipgnosis nou voortaan betaling sal ontvang elke keer wanneer dit in die openbaar gespeel word.

Die maatskappy het nie die presiese besonderhede van die ooreenkoms tussen hom en Bieber bekend gemaak nie, maar ʼn bron na aan die onderhandelings sê die regte is sowat $200 miljoen (sowat R3,4 miljard) werd.

Verskeie hedendaagse sterre, onder wie Justin Timberlake en Shakira én legendes soos Bob Dylan en Bruce Springsteen, het ook die regte op hul musiek verkoop. Springsteen se musiekkatalogus is aan Sony vir ʼn halfmiljard dollar (R8 miljard) verkoop.

Die stap word beskou as ʼn veilige opsie vir ouer kunstenaars om hul geldsake gesond te hou én vir beleggers wat kan staatmaak op konsekwente opbrengste van beproefde musiek soos dié van Bieber.

Volgens AFP se bron sal Bieber se platemaatskappy, Universal, voortgaan om die katalogus te administreer. Universal besit steeds Bieber se meesteropnames.

Hipgnosis het egter Bieber se aandeel in sy meesteropnames asook die tantieme verkry wat verseker dat die eienaar daarvan betaling ontvang elke keer wanneer ʼn liedjie in die openbaar gespeel word.

Bieber het sedert hy in 2009 op YouTube ontdek is, meer as 150 miljoen albums verkoop. Hy het ook agt nommereen-albums op Billboard se lys van topalbums opgeneem en sy liedjies is meer as 32 miljard keer op Spotify alleen gestroom.

“Justin Bieber se uitwerking op die wêreldkultuur oor die afgelope 14 jaar was werklik merkwaardig,” sê die hoof van Hipgnosis, Merck Mercuriadis.

“Op die ouderdom van slegs 28 jaar is hy een van ʼn handjievol bepalende kunstenaars van die stromingsera wat die hele musiekbedryf laat herleef het en ʼn lojale en wêreldwye gehoor saam met hom op ʼn reis van tienerverskynsel tot kultureel belangrike kunstenaar neem,” sê Mercuriadis oor Bieber.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

JohanR ·

Sou nie eers my spaarvarkie se R11, nee R13 betaal vir die ou se musiek nie!

George ·

Ek sal enige tyd, voor jy jou epos oopmaak, het jy al daai R13 dubbel terug gemaak, per dag.

Nommer 7 ·

Met soveel geld sal ek ordentlik eet. Sal sommer R2000 se “russians and chips” bestel.

kragaap ·

Lyk my vandag hoe swakker die musiek hoe meer is mense bereid om te betaal daarvoor.

kragaap ·

Ek lewer kommentaar op die artikel nie op kunstenaars in die algemeen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.