Bill Gates is na vier jaar weer die rykste persoon in die wêreld, aldus die jongste gradering van Forbes wat pas bekend gestel is.
Die Meksikaan, Carlos Slim Helu ($72 miljard) het Gates die afgelope vier jaar uit die topposisie gehou. Helu is nou tweede, met die Facebook-koning, Mark Zuckerberg met sy $28,5 miljard in die derde plek. Gates se totale netto waarde word beraam op $76 miljard (R827 miljard).
Forbes het altesaam 1 645 miljardêrs opgespoor met ‘n gemiddelde rykdom van $6,4 miljard. Daar is ook 170 vroue op die lys.
Van die rykes het net 13% hul rykdom geërf, en tweederdes het dit self opgebou. Die ander het uitgebou op die rykdom wat hulle geërf het. Meer kan hier en hier gelees word.
Bronne: Forbes, Telegraph
Gaaap ! Ek wonder hoe gaan ons rugbyspanne hierdie naweek vaar ? Gaap !