ʼn Brand het Maandag uitgebreek by die Notre Dame-katedraal in Parys, Frankryk.
Beeldmateriaal op plaaslike media wys hoe rookwolke uit die gebou borrel.
Die Franse polisie het persone versoek om die gebied te vermy om seker te maak noodvoertuie het toegang tot die toneel.
Die Notre Dame is in die 12de eeu gebou en is een van Parys se bekendste toeristeaantreklikhede. Miljoene persone besoek die gebou jaarliks. Dit is in die hartjie van Parys geleë.
Volgens die nuusagentskap AFP word die brand vermoedelik verbind met herstelwerk.
Feeling sad that this is happening to Notre Dame. I’m glad to have visited, but I’m afraid that I won’t be able to return… ?pic.twitter.com/3dYDDp8prK
— ⓐⓝⓓⓡⓔⓐⓢ #JFT96 (@L4_Anfield) April 15, 2019
Notre Dame Cathedral #NotreDame @cnn #fire pic.twitter.com/LqCFtj5vkG
— DeAndré Dukes-Landfair (@TheDeAndreDukes) April 15, 2019
Tragies
Dit is absoluut hartverskeurend. Ek was bevoorreg om die fenomenale katedraal in 2006 te besoek. Soveel karakter en geskiedenis – Sadly it will never be the same again.
Ja Odette, dit is hartverskeurend.
Ek wonder hoeveel Suid-Afrikaners weet dat daar ‘n Eerste Wêreldoorlog-gedenkplaat met die vorige Suid-Afrikaanse landswapen op in die Notre Dame katedraal is. Ek hoop werklik dié gedenkplaat word nie deur die brand beskadig nie.
Dis ondraaglik om aan te skou.
´n Maand terug het dit ook in die St. Sulpice Kerk in Parys gebrand.
Merkur!
Die Notre Dame verwoes in ‘n brand, wat ‘n skokkende tragedie. Voel so onwerklik soos die dood van ‘n bekende, en kort voor die Paastyd om dit nog meer onheilspellend te maak.
Hoop regtig dit het niks met die “Yellow Vests” te make nie. Indien wel, verloor hul enige greintjie solidariteit van my kant met hul ontevredenheid teenoor die owerheid.
Kan ook ‘n smeulende sigaretstompie wees, want 95% rokers wêreldwyd het geen, maar géén, maniere nie.
Hoe ironies as gerugte waar is dat die brand met die huidige restourasiewerk verbind kan word.
Absoluut Therese!
´n Skokkende tragedie. Voor Paastyd. En ironies as dit werklik deur die huidige restourasiewerk veroorsaak kan wees. Ek kan nie (of wil nie) glo dat die „Yellow Vests“ daarmee iets te doen het nie. Intussen is die beweging hoog waarskynlik deur die staatsaparaat geïnfiltreer om met vandalisme ´n slegte beeld te help veroorsaak. Hoop ons sal die waarheid nog ervaar.
Ja Merkur, ek glo ek was verkeerd met my eerste opsomming van die situasie. Ek het nou meer rond gesnuffel en kom toe op ‘n artikel af van 2018 van hoe duur die restourasie werk sal wees want die katedraal was besig om te verkrummel, daar noem hulle dat dit goedkoper sou wees om dit te herbou as om te restoureer. Dit het my nogal laat wonder of dit nie die ware agenda is agter die brand nie.
Onwaarskynlik dat dit toevallig is. Dis die tweede historiese kerk in Frankryk waar ‘n brand is. Wat van al die kerke in SA wat toevallig begin brand ? Was daar in 2010 gewees
Stem…wonder of n sekere geloofsgroep hier aan die werk is…
Waar is die begin? Het dit klaar begin? En waar gaan dit eindig? En ons stem vir die ANC, hier aan die suidpunt an Afrika.
Ek is self n Katoliek. Was daar in 1996. Daardie Priesters is die ongeskikste mense wat ek nog teegekom het. Hulle het ons nie eers behooik kans gegee om deur die Kerk te beweeg nie toe jaag hulle ons uit. Ons het nie eers kans gekry om geskeknke te koop nie. Dit is vir my baie jammer dat so n historiese plek vernietig word maar hulle hoogmoed moet ook in aanmerking geneem word.
@Phillip, weet jy hoeveel ongeskikte toeriste is hier in Parys, wat Notre Dame en sy priesters net sien as tourist attractions? Hoeveel van julle teen die reels videos en fotos met flash afneem in die kerk om julle pella by die huis te wys? Geen respek vir history nie. As Afrikaner moet jy dalk nié praat van ongeskiktheid nie, moet boere se hoogmoed ook in aanmerking geneem word?
Die Maandag voor Goeie Vrydag? Vir 850 plus jaar het wie ook al die plek probeer verwoes, sonder sukses. Nou is die brand buite beheer. Bring NY 2001 op. Hoop ek is verkeerd
Wat n tragedie. Ek was gelukkig om die voorreg te he om dit te kon besoek.
Die Franse regering smoor die media dekking oor die geel-baadjie protes. Hulle het moontlik nou ander maniere gekry om weer die aandag op hulle te vestig.
Ek glo nie dit het enige iets te doen met gelowe nie, want as dit terroriste was sou hulle gewag het dat daar baie meer mense binne was, maar dit was leeg.
Die geel-baadjie protes gaan oor die werkersklas wat te veel belas word om die immigrante te voed.
Ek dink nie dis reg dat hulle nou geskiedenis afbrand nie, maar ek dink hulle soek aandag op hul saak en die regering bly tjoepstil daaroor.
Dit is baie hartseer.
Nou word die waarheid weer verdraai sodat mense nie bewus is van die geel-baadjies nie.
Dis tragies …. laat mens wonder oor dié afbreek van ons kerke en die brand by die katedraal … dalk ‘n verbintenis.
Net af in die straat van waar ek bly, die skyline en Parys gaan nooit weer dieselfde wees nie. Tragedie.
Revenge of The Hunchback?
Soos die revenge in SA op plase?
Lees E G White se geskrifte. Onverklaarbare brande is o.a. voorspel , dit neem toe
@MW, dis bitter maklik om dit te “voorspel” print hierdie kommentaar en bere vir die toekoms.
Ek sien, n vuur, n rooi en oranje kleur wat deur n hall hardloop…van klip en hout van baie harde werk en jare…ek sien dit in europa asook noord amerika gebeur.
Ek sien…groen, geel en goud wat n trofee “huis”toe neem, sien n klomp “broers” wat juig en veesvier.
Ek sien n wille dier, n tier in die woud, wat n nommer 8 en 2 uit kerf soos hy slaap…
Dit is een van die mooiste kerke wat ek in my lewe gesien het .. na besoeke aan 17 lande is dit steeds een van die hoogtepunte, maak nie saak watter geloof dit verteenwoordig nie, dit is ‘n TOERISTE AANTREKLIKHEID en ek geniet dit. Ek het al Hindu Tempels besoek en ek het al Katolieke en Christen kerke en katedrale besoek . dit is ‘n BELEWENIS en die Notre Dame het van die mooiste interiors en verhale wat uitgebeeld is teen hulle mure . dit is ‘n GROOT VERLIES vir FRANKRYK .. mag julle hom gou herstel …