Covid-19: Italië het meeste sterfgevalle wêreldwyd

Gondolas in Venesië, Italië. (Foto: Francisco Seco, AP)

Italië het tans die meeste sterfgevalle wêreldwyd as gevolg van die nuwe koronavirus, bekend as Covid-19.

Daar is reeds meer as 3 405 sterftes in Italië aangemeld. In China is net meer as 3 200 mense reeds dood.

Die BBC berig die aantal sterftes in Italië het binne 24 uur met 427 gestyg. Inwoners van Italië leef al vir amper twee weke in afsondering en gaan dalk langer in afsondering bly as die oorspronklike einddatum van 25 Maart.

Luidens ’n CNN-berig is sowat 40 miljoen inwoners van Kalifornië in die VSA ook aangesê om eerder tuis te bly om die verspreiding van die virus te voorkom. Kalifornië is die digbevolkste Amerikaanse staat.

Inwoners sal toegelaat word om hul huise te verlaat om kruideniersware of medisyne te gaan koop. Inwoners mag selfs steeds met hul honde om die blok gaan stap. Verder moet enige openbare interaksies sover as moontlik beperk word.

‘n Masker lê in ‘n poel water digby die Colosseum in Rome, Italië. Die gewilde aantreklikheid is gesluit terwyl die land spook om die verspreiding va Covid-19 te stuit. (Foto: Alfredo Falcone/LaPresse via AP)

Kalifornië is die eerste Amerikaanse deelstaat wat sulke drastiese beperkings ingestel het. Nevada het vroeër die week gesê dat kleiner, nienoodsaaklike sakeondernemings binne 30 dae moet sluit.

Intussen het groot groepe studente na Florida gereis vir hul lentevakansie ten spyte van die streng maatreëls wat ingestel is dat tien mense of meer nie mag byeenkom nie. Kroeë en restaurante in Miami word tans vroeg gesluit en sommige strande is vir die publiek gesluit om infeksie te voorkom.

Wêreldwyd is daar reeds meer as 250 000 gevalle van die virus aangemeld met die sterftesyfer wat tot meer as 10 000 gestyg het.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Michael ·

Vir nou,onthou Italia is nie n piesangrepubliek nie afrika sal heel bo aan die lys eindig

DieKriek ·

In Pretoria neem ek waar dat almal probeer. Dis nogal n aangename ervaring dat mense probeer saamwerk.

Charmain ·

Ek glo vir geen oomblik die syfers wat deur China verskaf is nie

dennis ·

onthou die vrus het al in November daar uitgebreek,miskien is dit besig om af te plat daar ,maar hoeveel maande le vir ons nog voor

dennis ·

Italie se bevolking was in negatiewe groei ,hulle het n baie groot getal bejaardes

Therese ·

‘n Bron wat betroubaar voorkom, maar ‘n mens weet ook deesdae nie meer nie, het laat blyk dat Italië so erg deurloop a.g.v. die Mafia-bestuurde onwettige semi-“sweat-shops” in die klerebedryf, wat steun op groot getalle Chinese werkers wat deur Napels inkom.
Ignoreer bostaande as dit níé so blyk te wees nie, maar dit mag dalk die verklaring wees?

Therese ·

Bron: The American Spectator
“Coronavirus: The Price of Luxury”
Robert Stacey McCain

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.