Denemarke se Covid-19-inentingsveldtog opgeskort

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Denemarke, wat in Februarie alle beperkings wat met die koronaviruspandemie verband hou opgeskort het, het Dinsdag gesê hy skort ook sy grootskaalse Covid-19-inentingsveldtog op.

Die land se gesondheidsowerheid sê die epidemie is onder beheer en inentingsvlakke is hoog.

“Die land is in ʼn goeie posisie. Ons skaal dus die massa-inentingsveldtog teen Covid-19 af,” het Bolette Soborg, direkteur van die departement van aansteeklike siektes, gesê.

Sowat 81% van Denemarke se 5,8 miljoen inwoners het reeds twee dosisse van die entstof ontvang en 61,6% het ook ʼn skraagdosis ontvang.

Denemarke het ʼn daling in die getal nuwe infeksies en stabiele hospitalisasiekoers beleef.

Alhoewel daar nie meer uitnodigings gerig sal word vir inentings ná 15 Mei nie, verwag gesondheidsowerhede dat inentings weer ná die Somer sal hervat.

“Ons beplan om die inentingsprogram weer in Herfs oop te maak. Dit sal voorafgegaan word deur ʼn deeglike professionele assessering van wie en wanneer om in te ent en met watter entstowwe,” het Soborg bygevoeg.

Denemarke het sy inentingsveldtog verskerp toe ʼn vlaag van die Omikron-variant die land in November verlede jaar getref het. Die land het toegang tot skraagdosisse verhoog en ʼn vierde dosis van die middel van Januarie aangebied vir diegene wat kwesbaar is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Frank John ·

Ek wonder of die massa moordenaars nou gelukkig is met hulle veldtog om soveel mense met hul virus dood te maak en soveel entstof kon verkoop dat hulle nou genoeg geld het om hul begeerte na rykdom gedemp is. En al die pharmacists nou gelukkig is dat hulle almal gewys het hoe magtig hulle is. En al daai manne wat dink hulle kan god speel en besluit hoeveel mense die aarde kan dra. En wie hulleself aangestel het om te besluit hoeveel van die mensdom mag leef en wie nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.