Die week in foto’s

Noorweë: Hierdie foto wat op 11 September geneem is, wys ʼn instroming van maanjellievis (met ringe) en die sogenaamde “sting”-jellievis (geel-oranje binne) wat langs die kus van Seglvik in Noord-Noorweë swem. (Foto: Olivier Morin/AFP)

Marokko: Mense reageer op ʼn naskok in die aardbewing-geteisterde dorpie Imi N’Tala naby Amizmiz in Marokko. Dié land het ʼn soektog na oorlewendes geloods vier dae nadat ʼn kragtige aardbewing van 6,8 die lewe van meer as 2 900 mense geëis het. Die meeste van die slagoffers woon in afgeleë dorpies in die Atlasgebergte. (Foto: Fadel Senna/AFP)

Libië: Omgekeerde motors lê tussen ander puin wat deur ʼn oorstroming in Derna, in die ooste van Libië, veroorsaak is. Die kitsoorstroming in die ooste van Libië het die lewe van meer as 2 300 mense geëis. (Foto: AFP)

Frankryk: Roeiers op die Seine-rivier onderweg na die Ile de la Cité, terwyl hulle op 10 September aan die jaarlikse La Traversee de Paris en Aviron-roeigeleentheid deelneem. Meer as 1 000 roeiers en 230 bote het in Parys byeengekom vir dié geleentheid. (Foto: Miguel Medina/AFP)

VSA: Die tenniskampioen Novak Djokovic poseer met die trofee nadat hy Rusland se Daniil Medvedev in die Amerikaanse Ope-tennistoernooi se mansenkelspel-eindstryd gewen het. Die wedstryd het by die USTA Billie Jean King- nasionale tennissentrum in New York plaasgevind. (Foto: Angela Weiss/AFP)

Indië: Toeriste geniet ʼn kameelsafari in ʼn woestyn in Pushkar. (Foto: Himanshu Sharma/AFP)

Indonesië: ʼn Brandbestryder help om ʼn veldbrand in Ogan Ilir, Suid-Sumatra, te blus. Honderde hektaar grond is die afgelope twee dae in brande verwoes. Dit het die luggehalte in die stad Palembang vererger. (Foto: Al Zulkifli/AFP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Karoo ·

Die foto van die jellie-vis by Seglvik in Noord-Noorweë is vir my besonders. Altyd gefasineerd met die wereld onder in die diep see. Wat is jou gusteling?

Marcello ·

Ek stem saam, defnitief die mooiste foto is die van die Jellie-vis. Dit is wonderlik hoe mooi alles in die natuur geskape is.

Woes ·

Sal graag foto’s van die na week se spring gety wil sien. Die see was kwaad !!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.