Die week in foto’s

Portugal: Die Brasiliese branderplankryer Maya Gabeira ry ʼn golf tydens die Wêreld- branderplankryliga se reusegolfuitdaging in Praia do Norte. (Foto: Miguel Riopa/AFP)

Rusland: Die weerkaatsing van ʼn Oekraïense soldaat kan in die kantspieëltjie van ʼn Sweeds vervaardigde Howitzer in die Donetsk-streek gesien word terwyl die Russiese inval van Oekraïne voortduur. (Foto: Roman Pilipey/AFP)

China: ʼn Lugfoto van velde en huise in die Congjiang-distrik wat toe onder ʼn spierwit sneeukombers lê in China se suidwestelike Guizhou-provinsie. (Foto: AFP)

Antarktika: Verskeie witoorpikkewyne (Pygoscelis papua) staan op die rotse op die Paraiso-eiland in die Straat van Gerlache wat die Palmer-argipel van die Antarktiese Skiereiland skei. Wetenskaplikes en navorsers van verskeie lande werk saam aan projekte tydens die X Antarctic Expedition van die Colombiaanse navorsingsvaartuig ARC Simon Bolivar, wat spesifiek ontwerp is om wetenskaplike projekte te ondersteun. Hierdie inisiatiewe behels die ontleding van die huidige toestand van die Antarktiese Oseaan, die studie van atmosferiese druk en die monitering van die spesies wat hierdie deel van die planeet bewoon. (Foto: Juan Barreto/AFP)

Colombia: ʼn Polisiebeampte red ʼn hond uit ʼn bosbrand in Nemocon. Sowat 20 bosbrande het Bogotá en verskeie streke van Colombia te midde van rekordtemperature weens die El Niño-verskynsel getref. Die brande is ondersoek om te bepaal of dit per ongeluk of opsetlik veroorsaak is. (Foto: Luis Acosta/AFP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.