Die week in foto’s

(Foto: Guerchom Ndebo/AFP)

(Foto: Guerchom Ndebo/AFP)

Demokratiese Republiek die Kongo: ʼn Man van Bushushu is besig om dele van sy huis tydelik te verskuif nadat vloede die dorpie in die DRK op 8 Mei getref het. Ongeveer 400 mense het reeds in die oorstromings omgekom. (Foto: Guerchom Ndebo/AFP)

(Foto: Mahmud Hams/AFP)

(Foto: Mahmud Hams/AFP)

Israel: Israel se Iron Dome-lugverdedigingstelsel onderskep vuurpyle wat vroeër vandeesweek van Gazastad gelanseer is. Dit is die dodelikste aanval op die stad in maande en het binne twee dae die lewens van altesame 22 Palestyne geëis. (Foto: Mahmud Hams/AFP)

(Foto: Paul Ellis/AFP)

(Foto: Paul Ellis/AFP)

Engeland: Die musikale skouspel Eurovision word Saterdag in Liverpool gehou nadat die Verenigde Koningryk ingestem het om die liedjiekompetisie daar, pleks van in Oekraïne, aan te bied. Die land was verlede jaar se wenner van die kompetisie en is nou al meer as ʼn jaar lank in ʼn bloedige oorlog met Rusland gewikkel. (Foto: Paul Ellis/AFP)

(Foto: Alfredo Estrella/AFP)

VSA: Groot groepe migrante word by grensstede tussen die VSA en Mexiko verwag nadat pres. Joe Biden ʼn besluit opgehef het wat miljoene migrante die afgelope ruk gekeer het om die land binne te kom. (Foto: Alfredo Estrella/AFP)

(Foto: Tang Chhin Sothy/AFP)

Kambodja: Mitz Jude Jalandoni van die Filippyne neem deel aan die eindronde vir vroue tydens die 32ste Suidoos-Asiese Spele (bekend as die SEA Games) in Phnom Penh, Kambodja. (Foto: Tang Chhin Sothy/AFP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.