Die week in foto’s

(Foto: Marco Bertorello/AFP)

Frankryk – Toeskouers juig die Australiese jaer Jai Hindley toe in die laaste paar kilometer van die 163 km tussen Pau en Laruns in suidwes van Frankryk tydens die 110de Tour de France-fietsren. (Foto: Marco Bertorello/AFP)

(Foto: Anatolii Stepanov/AFP)

Oekraïne – Ooievaars vlieg oor ʼn brandende veld naby die dorp Snigurivka, in die Mykolaiv-streek, te midde van die Russiese inval in die Oekraïne. (Foto: Anatolii Stepanov / AFP)

(Foto: Chandan Khanna/AFP)

VSA – Mense kom by die Suid-strand van Miami Beach in Florida bymekaar om ná Onafhanklikheidsdag-vuurwerk te kyk. (Foto: Chandan Khanna / AFP)

(Foto: Lluis Gene/AFP)

Spanje – Die Franse koordloper en kunstenaar Nathan Paulin stap op ʼn tou bokant die Plaza de Catalunya-plein in Barcelona as deel van die GREC-fees. (Foto: Lluis Gene / AFP)

(Foto deur AFP/CHINA OUT)

China – Paramilitêre polisiemanne maak ʼn straat skoon ná oorstromings tydens swaar reën in China se suidwestelike Chongqing-streek. (Foto deur AFP / CHINA OUT)

(Foto: Stefano Rellandini/AFP)

Frankryk – Julie se supermaan, bekend as die Bokmaan, met die Pont de Bercy in die voorgrond. (Foto: Stefano Rellandini/AFP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.