Die wêreld in foto’s – 3 April 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Sedert die uitbreking van Covid-19 het lande wêreldwyd sosiale distansiëring aangemoedig of algehele landwye afsonderingstydperke ingestel. Griekeland is een van dié lande. Só lyk die gewilde hoofstad van dié land tydens die tydperk van afsondering.

ʼn Lugfoto van die feitlik leë Stavros Niarchos- stigting en kultuursentrum in Athene. (Foto: Thanassis Stavrakis, AP)

Poseidonos-laan en die Paleo Faliro-strand in die suide van Athene in Griekeland is verlate tydens die algehele landswye afsondering. (Foto: Thanassis Stavrakis, AP)

Monastiraki-plein, een van die bedrywigste plekke in Athene, is yl bevolk. (Foto: Thanassis Stavrakis, AP)

Plaka, ʼn gewilde toeriste-distrik in Griekeland, en die Parthenon-tempel op die Akropolis is sonder toeriste tydens die algehele landswye afsondering. (Foto: Thanassis Stavrakis, AP)

Enkele motors in die omgewing van die verlate hoofgebou van die universiteit van Athene in Griekeland. (Foto: Thanassis Stavrakis, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Carina ·

Wat ‘n pragtige land. Sal nog baie graag eendag soontoe wil gaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.