Die wêreld in foto’s – 5 Augustus 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Greta Thunberg, die Sweedse klimaataktivis, woon die perskonferensie van die “Vrydae vir toekoms”-beraad by die Lausanne-universiteit in dié stad in Switserland by. Meer as 450 deelnemers van 37 lande kom van 5 tot 9 Augustus in Lausanne byeen vir dié beraad. (Foto: Jean-Christophe Bott, AP)

Nathan Lyon van Australië (middel links) vier saam met sy spanmaats hul oorwinning teen Engeland tydens die vyfdag krieketwedstryd op Edgbaston in Birmingham, Engeland. (Foto: Rui Vieira, AP)

Onlustepolisie trek Maandag met traangas los op betogers wat in openbare parke en pleine in verskillende dele van Hongkong byeengekom het ná ʼn algemene staking. Betogers het daarop aangedring dat die semi-outonome leier van dié Chinese stad moet bedank. (Foto: Kin Cheung, AP)

Mense kom byeen vir ʼn nagwaak ná die massaskietery Sondag in Dayton, Ohio. Dié voorval, die tweede in minder as 24 uur in die VSA, het die lewe van talle mense geëis. (Foto: John Minchillo, AP)

ʼn Atlantiese papegaaiduiker vroegoggend op Eastern Egg Rock, ʼn klein eiland aan die kus van Maine. Hierdie voëlsoort het vanjaar een van die produktiefste broeiseisoene nóg op dié afgeleë eiland aan die Ooskus van die VSA gehad. (Foto: Robert F Bukaty, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Bertie ·

Maroela-redaksie, baie, baie dankie vir die beautiful foto’s wat julle altyd plaas! ek geniet dit besonder baie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.