Die wêreld in foto’s – 5 Augustus 2020

Waarskuwing: Die volgende grafiese inhoud kan sensitiewe lesers ontstel.

Te midde van die Covid-19-pandemie het ʼn reuse-ontploffing die Libanese hoofstad Dinsdag geruk en groot gedeeltes van Beiroet se hawegebied platgevee. Talle geboue is beskadig en duisende is beseer.

Maroela Media het vroeër berig dat die dodetal op minstens 100 staan, terwyl meer as 4 000 mense beseer is.

Só lyk die hawe en hoofstad ná die ontploffing:

Die verwoeste hawegebied in Beiroet, Libanon. (Foto: Hassan Ammar, AP)

Die hoofstad van Libanon lyk soos ʼn oorlogsone. (Foto: Hassan Ammar, AP)

ʼn Hospitaalkamer in Beiroet wat ook in die ontploffing verwoes is. (Foto: Hassan Ammar, AP)

Mense ondersoek hulle beskadigde motors ná die ontploffing in Beiroet. (Foto: Bilal Hussein, AP)

Twee beseerde mans lê langs ʼn gebou wat in die ontploffing verwoes is. (Foto: Hussein Malla, AP)

ʼn Hommeltuigfoto van die hawegebied ná die ontploffing. (Foto: Hussein Malla, AP)

Só lyk die slagoffers ná die massiewe ontploffing:

Mense verwyder beseerdes ná die ontploffing in Beiroet. (Foto: Hassan Ammar, AP)

Mense help ʼn beseerde man ná die ontploffing in Beiroet. (Foto: Hussein Malla, AP)

ʼn Beseerde word na veiligheid geneem ná die verwoestende ontploffing in Beiroet. (Foto: Hussein Malla, AP)

Beseerde mense word na veiligheid geneem ná die ontploffing in Beiroet. (Foto: Hassan Ammar, AP)

ʼn Libanese soldaat by beseerde mans in ʼn ambulans op pad hospitaal toe. (Foto: Hussein Malla, AP)

ʼn Man vervoer ʼn beseerde persoon. (Foto: Hassan Ammar, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Nella ·

Bloed bloed bloed, oral waar mens kyk. Hartverskeurend. En almal so gewillig om hul medemens te help.

christo ·

Dit was ‘n geweldige ontploffing. Die veiligheidstandaarde is nie gehandhaaf nie. In die moderne samelewing speel die veiligheidsheids, gesondheids en omgewings beamptes (sgde safety, health and environmental officers) ‘n baie belangrike rol. Selfs by ons huise is daar gevaarlike stowwe soos gassilinders.

Danie ·

Wel waar is daai slim mense nou wat jare gelede die skip gestop het om die vrag verder te vervoer na mosambiek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.