Diplomate uit Khartoem onttrek

Talle voertuie en busse van die Verenigde Nasies het Khartoem Sondag verlaat. (Foto: Abubakarr JALLOH / AFP)

Diplomate van onder meer Brittanje, Frankryk, Turkye en die VSA het saam met hul gesinne Soedan Sondag inderhaas verlaat weens die voortslepende konflik tussen semimilitêre groepe en die weermag.

Minstens 400 mense is in die stadium dood en duisende ander beseer.

Net meer as ʼn 100 Amerikaanse troepe het vroeër vandag in Soedan geland om sowat 100 mense uit die Soedannese hoofstad na veiligheid te geneem. Die troepe se drie helikopters het minder as ’n uur in Khartoem op die grond gebly voordat hulle met die diplomate en hul gesinne uit Soedan vertrek het.

“Vandag, in opdrag van my, het die Amerikaanse weermag ’n operasie uitgevoer om Amerikaanse regeringspersoneel uit Khartoem te onttrek,” het pres. Joe Biden aangekondig en bygevoeg dat die ambassade “werksaamhede tydelik opskort”.

Só lyk Khartoem. (Foto: AFP)

Turkye het teen dagbreek reeds met sy reddingsoperasies via ’n pad van die suidelike stad Wad Madani begin. Een van die operasies is intussen egter uitgestel ná ontploffings naby ’n moskee in Khartoem gehoor is.

Die moskee sou die vergaderpunt wees.

Ook Frankryk het met ’n ontruimingsoperasie begin, het die land se ministerie van buitelandse sake aangekondig.

Talle voertuie en busse van die Verenigde Nasies het Khartoem reeds verlaat. Die konvooi is op pad oos na Port Soedan, sowat 850 km van Khartoem.

Talle voertuie en busse van die Verenigde Nasies het Khartoem Sondag verlaat. (Foto: Abubakarr JALLOH / AFP)

Geweld het op 15 April uitgebreek ná weke van spanning tussen die weermagleier Abdel Fattah al-Burhan en sy adjunk, paramilitêre bevelvoerder Mohamed Hamdan Dagalo, oor die beplande integrasie van Dagalo se Rapid Support Forces (RSF) in die gewone weermag.

Vreesbevange inwoners skuil weens die geweld in hul huise. Baie van die inwoners het in dié stadium geen krag of internet nie, terwyl ander se kos, water en ander noodsaaklikhede aan’t opraak is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Realis Thailand ·

So bly die afrika lande maar in ellende verval
Een van die dae is dit sa se beurt met die anc aan bewind
Waarheen vlug die mense van Suid Afrika??
Die tragedie van afrika

Republikein in die Wes Kaap ·

Hier wag probleme en ons kan nie vlug nie. Maar ‘n nuwe staatkundige bedeling sal help. Probleem die meeste van ons glo dat sake sal vanself regkom.

TruthDealer ·

Ek sou Namibia of Botswana probeer. Ek is taamlik seker dit gaan kopstukke beter in daardie 2 lande as in die res van Afrika. Die vraag is, sal hulle ons ooit toelaat? The northern hemisphere doesn’t seem like an option, even if i had the money to go all the way there. Amerika en Europa beweeg al nader aan die afgrond, soos dit vir my lyk. Oor 10 jaar sal almal dit duidelik kan sien.

Realis Thailand ·

Botswana en Namibia is ver beter as SA . Ek woon al amper tien jaar hier op n plaas ver van alles af. Geen misdaad geen belastings en goedkoop lewe. Net baie warm

Lillian ·

In die ou wêreld blyk dit kan niemand ook ooit in vrede leef nie.

Aai ·

SA besluit nog wat hulle moet doen om ons mense te onttrek.Sal seker eers wag tot iets gebeur voor hulle iets doen.

Renier ·

As die anc 1,4 miljoen vir bester se vliegtuig kan betaal,is ek seker ons kan die suid afrikaners uit sudan laat vlieg,of selfs met n bus gaan haal ………vir 40 miljoen

Miena ·

Nou hoekom kon hulle dan nie maar die ander 70 SA’ners ook saamneem nie? Of mag ek nie vrae vra

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.