Dodetal styg ná Miami-gebou ineenstort

Die Champlain Towers South-gebou in Surfside het op 24 Junie 2021 in die vroeë oggendure gedeeltelik ineengestort. (Foto: Chandan Khanna/AFP)

Die dodetal het tot minstens 16 gestyg ná ʼn woonstelgebou in Miami, Florida ineengestort het, het ʼn beampte Woensdag gesê.

Nog 147 mense word vermis ná die woonstelblok in Surfside, naby Miami Beach, verlede week Donderdagoggend inmekaar gestort het, het Daniella Levine Cava, burgemeester van Miami-Dade County, gesê.

Kenners ondersoek die moontlikheid dat daar vroeër reeds kritieke foute was in die struktuur van die woonstelblok. Reddingspanne is steeds besig om die puin te deursoek.

Stadsbeamptes het Vrydag ʼn Oktober 2018-verslag vrygestel wat vrese van “yslike strukturele skade” in die Champlain Towers South-kompleks onthul – van die betonblok onder die swembaddek tot die pilare en balke in die parkeerterrein. “Alhoewel van die skade gering is, moet meeste van die beton-agteruitgang so vinnig as moontlik herstel word,” het die konsultant, Frank Morabito, geskryf.

Herstelwerk sou binnekort begin aan die 40 jaar oue gebou, maar dit was te laat.

Kenners wat die beeldmateriaal hersien het, ondersoek tans “progressiewe ineenstorting” – waar ʼn aanvanklike fout, moontlik in die parkeerterrein of laer, gesneeubal het tot die tragedie.

Ron DeSantis, goewerneur van Florida, het vroeër gesê puin met “forensiese waarde” word na ʼn groot pakhuis geneem waar ondersoekbeamptes sal probeer bepaal wat gebeur het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

pestilensie ·

wie was die inwoners, betalende inwoners sou sekerlik lankaal kapsie gemaak of uitgetrek het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.