
Brandbestryders met snuffelhonde soek na vermiste persone in Kumano in die Hiroshima-gebied (9 Julie 2018). Foto: Kyodo News via AP
Die dodetal weens die rampspoedige oorstromings in die suidwestelike dele van Japan het tot minstens 176 gestyg terwyl reddingswerkers steeds na vermiste persone op soek is in die Hiroshima- en Okayama-prefekture.
Ongeveer 75 000 reddingswerkers is besig met die soek- en reddingspogings.
Die brand- en rampbestuuragentskap het bevestig byna 350 huise is gedeeltelik of ten volle verwoes en byna 9 870 huise is oorstroom.
Shinzo Abe, Japanse eerste minister, het ʼn geskeduleerde reis na Europa en die Midde-Ooste gekanselleer om eerder op die rampbestuurpogings te fokus.
Die reën het verlede Donderdag begin. Dele van Japan het oor die naweek tussen 300 mm en 500 mm reën gehad.