Duitsland onthul yslike wapenpakket vir Oekraïne

Die Oekraïense president, Wolodimir Zelenski. (Foto: AFP via Oekraïense presidensie)

Duitsland is besig met voorbereidings vir ʼn nuwe wapenpakket vir Oekraïne ter waarde van €2,7 miljard. Dit is Berlyn se grootste pakket sedert Rusland se inval verlede jaar, het die land se ministerie van verdediging gesê.

“Ons hoop almal vir ʼn vinnige beëindiging van hierdie verskriklike oorlog deur Rusland op die mense van Oekraïne, maar ongelukkig is dit nog nie in sig nie,” het minister Boris Pistorius in ʼn verklaring gesê. “Dit is hoekom Duitsland al die hulp sal bied wat hy kan, solank as wat dit nodig is.”

Die pakket, ongeveer R56 miljard, sluit in 30 bykomende Leopard-1-tenks, Marder- gepantserde voertuie, lugverdedigingstelsels en waarnemingshommeltuie.

Volgens Der Spiegel-tydskrif is dit Duitsland se grootste skenking sedert die oorlog begin het.

Dit kom terwyl pres. Wolodimir Zelenski van Oekraïne Saterdag na Rome sal reis vir gesprekke met politieke leiers. ʼn Reis na Berlyn volg moontlik daarna.

Duitse beamptes het nog nie Zelenski se besoek bevestig nie, maar die polisie in Berlyn het ondersoek ingestel toe die moontlikheid van ʼn besoek in die media bekendgemaak is.

Westelike bondgenote het al hoe meer kragtige wapens aan Kiëf verskaf sedert Rusland in Februarie 2022 sy magte na Oekraïne gestuur het. Zelenski het egter nog nie die gevorderde vegvliegtuie ontvang wat hy versoek het nie.

Duitsland het verlede jaar militêre ondersteuning van €2 miljard verskaf en €2,2 miljard vir hierdie jaar geoormerk, alhoewel besonderhede nog nie gefinaliseer is nie.

Berlyn het ook beloof om sy meer gevorderde Leopard-2-tenks beskikbaar te maak en het begin om soldate in Oekraïne vir die gebruik daarvan op te lei.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Treurwilger ·

Dit gaan sommer woelig op die wapen- en weerbaarheidsgebied van die EU.
Dít nadat president Trump Duitsland en ander voorste moondhede in NAVO so te sê moes smeek om hul ‘ledegeld’ te betaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.