Elon Musk word 8ste keer pa

Elon Musk en Grimes tydens die Met-gala in 2018 by die Metropolitan Museum of Art in New York. (Foto: Angela Weiss/AFP)

Elon Musk, hoof van SpaceX en Tesla, het nog ʼn baba verwelkom saam met sy aan-en-af-lewensmaat, die Kanadese musikant Grimes.

Vanity Fair het dié nuus Donderdag gedeel.

Die babadogtertjie heet Exa Dark Siderael, maar sy word Y genoem. Sy is glo reeds in Desember verlede jaar gebore. Dit is Musk se eerste dogter.

Sy is ook Musk en Grimes se tweede kind. Die paartjie se seun, X Æ A-Xii (wat as “X A.I. Archangel” uitgespreek word), is in Mei 2020 gebore.

Grimes het verduidelik haar dogter se unieke naam Exa verwys na ʼn superrekenaar-term, exaFLOPS, terwyl Dark die “onbekende” verteenwoordig. Siderael, die derde deel van Y se volle naam, word uitgespreek as “sigh-deer-ee-el”.

Volgens Vanity Fair is die nuwe pienkvoet deur ʼn surrogaat in die lewe gebring nadat Grimes ernstige ongemak en komplikasies ondervind het tydens haar swangerskap met X.

Musk (50) en Grimes (wie se regte naam Claire Elise Boucher is) het nooit aangekondig dat hulle nog ʼn kind verwag nie en dit blyk dat hulle beplan het om baba Y ʼn geheim te hou.

Devin Gordon, skrywer by Vanity Fair, het egter van haar geboorte te hore gekom nadat hy by Grimes se huis in Austin, Texas, ʼn onderhoud gevoer en ʼn baba op die boonste verdieping gehoor huil het.

“Ek mag nie hieroor praat nie,” het ʼn duidelik ongemaklike Grimes (33) volgens Gordon gesê. “Wat ook al aangaan met familiedinge, ek voel net kinders moet daaruit bly.”

Sy het bygevoeg dat “X daar buite is” en dat Musk dié tweejarige as ʼn protégé sien en hom na openbare geleenthede neem.

Nadat die nuwe baba harder begin huil het, het Grimes aan Vanity Fair gesê die baba “het koliek”. “Ek weet nie. Ek weet nie wat ek gedink het nie,” het sy gesê.

Musk het vyf seuns, ʼn tweeling en ʼn drieling, saam met sy eerste vrou, die skrywer Justine Wilson. Musk en Wilson se eerste seun het op 10 weke aan wiegiedood gesterf.

Bronne: Business Insider, IOL, The South African

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

ES ·

Sjoe, dis darem maar verskriklike name – om te dink ek wil nie my pa se doopname vir my kinders gee nie…

Marisa W ·

“Wat ook al aangaan met familiedinge, ek voel net kinders moet daaruit bly.” Maar in dieselfde asem gee hulle die kinders sulk boheemse name wat dadelik die aandag op hulle vestig…

Frank John ·

Die name is name wat Op Mars gebruik gaan word iewers ini toekoms. Space name noem hul dit.

melW ·

Laat my dink aan my skoonouers toe ek my seun in 1981 se name moes gee, hulle het dit probeer afdwing… Johan Frederik George Hendrik Phaff. Ek het geweier. Ń baie groot breuk veroorsaak. My seun het toe net 2 name geërf.

Yolandie ·

Hoe op dees aarde spreek mens die kinders se name uit???? Genade ek weet party mense prober oorspronlik wees met name maar die name is op ‘n heel ander vlak.

Voilet ·

Goeiste lelikste name ooit. Hierdie kinders word seker so gespot op skool.

Nici ·

Mens word nie 8 keer pa nie. As jy eenmaal pa is verander daai staus nie ongeag hoeveel kinders jy het en of hul lewe of sterwe nie. Mens kan wel 8 kinders he.

Misky ·

Boetie en sussie = X en Y……. my kop voel sommer plat nou

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.