‘Enorme kommer’ oor voëlgriepvariant by mense

Bloot ter illustrasie (Foto: X/SARS‑CoV‑2)

Beeste en bokke is verlede maand by die groeiende lys van spesies wat deur die A(H5N1)-voëlgriepvariant geraak word, ingesluit, en groot kommer heers oor die situasie nadat mense nou ook deel van die lys geword het.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het Donderdag gesê die groeiende verspreiding wek “enorme kommer”, veral weens die “buitengewoon hoë sterftesyfer” wat daarmee verbind word.

Die huidige voëlgriepuitbreking het in 2020 begin en het reeds die dood van miljoene stuks pluimvee, wilde voëls, asook land- en seesoogdiere tot gevolg gehad.

Volgens Jeremy Farrar, hoofwetenskaplike by die WGO, “het die A(H5N1)-voëlgriepvariant ʼn wêreldwye soönotiese pandemie geword”.

“Die groot bekommernis is dat die virus – weens die toenemende besmetting van eende en hoenders asook soogdiere – nou die vermoë ontwikkel het om mense te besmet en ook die vermoë kan ontwikkel om onder mense versprei te word.”

Daar was tot dusver geen bewyse dat die voëlgriepvirus onder mense versprei word nie. In die honderde gevalle waar mense weens kontak met besmette diere die virus opgedoen het, “is die sterftesyfer egter buitengewoon hoog”, sê Farrar.

Van die begin van verlede jaar tot April vanjaar is altesame 463 sterftes uit 889 menslike gevalle in 23 lande aangeteken. Dit bring die sterftesyfer op 52% te staan.

Amerikaanse owerhede het vroeër vandeesmaand in ʼn kommerwekkende wending gesê iemand in Texas herstel van voëlgriep nadat hy aan besmette beeste blootgestel is.

Dit was slegs die tweede geval van iemand in die VSA wat positief vir voëlgriep getoets het. Die voorval kom nadat die virus kuddes siek gemaak het wat glo aan wilde voëls in Texas, Kansas en ander state blootgestel is.

Dit lyk ook soos die eerste menslike besmetting – met die A(H5N1)-variant – wat weens kontak met ʼn besmette soogdier veroorsaak is, sê die WGO.

“Wanneer soogdiere hierdie virus opdoen, raak dit al gevaarliker vir mense.”

Farrar waarsku dat “voëlgriep toenemend op soek is na nuwe gashere” en sê “dit is ʼn werklike bekommernis”.

Hy het gevra dat monitering verskerp word en benadruk dat dit uiters belangrik is om te verstaan ​​hoeveel menslike infeksies wêreldwyd plaasvind omdat “dit is waar die aanpassing van die virus gaan plaasvind”.

“Dit is tragies om te sê, maar as ek met H5N1 besmet word en ek sterf, dan is dit die einde daarvan. As ek deur die gemeenskap beweeg en ek versprei dit na iemand anders, begin die siklus.”

Hy sê pogings om entstof en medisyne teen H5N1 te ontwikkel is aan die gang. Farrar beklemtoon ook die behoefte om te verseker dat streek- en nasionale gesondheidsowerhede wêreldwyd die vermoë het om die virus te diagnoseer.

“Dit is nodig sodat die wêreld in ʼn posisie is om onmiddellik te reageer wanneer die H5N1-voëlgriepvariant begin om van mens tot mens versprei te word,” sê Farrar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Gert ·

LMGA! Ek stem George. Hulle het 15 jaar terug al n “vaccine” begin voorberei vir 2024 se epidemie.

Jedi Knight ·

Oooo neee!!!
Kom ons sluit onsself toe.
Kom ons kry n inenting, sommer 4 boosters ook.
:):):)

Fritz ·

Ag nee wat, geen rede tot kommer nie.
Ons dra net maskers.
Maskers is n wonderkuur, dit los alle probleme op.

Ronel ·

En iemand gaan weer baie geld maak….kry solank julle rook goed voorraad gereed….sommer alkohol ook….vir die senuwees jy weet :)

Jan Jacobs ·

Snaaks in 1996, is daar skielik voel griep, in China, en n jaar later die eerste mense word siek daarvan. En nou is dit weer n faktor. Wow.

Papsak ·

Ek stem hulle ons een keer gevang en gehok nie weer nie daar is entstof teen dit ent die diere nee verkiesing kom wil weer geld maak los ons uit julle trick werk nie meer nie

kragaap ·

Mense koop maar weer ivermectin dit het die vorige pandemie uitgewis.

Pierre ·

nog n lockdown, nog fondse verduister en die wereld verder verarm.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.